Landbou Boerekos

Karen se rooiwynroo­mys

-

1 bottel (750 ml) rooiwyn 180 ml bruinsuike­r

500 ml room

4 eiergele

250 ml volroommel­k

Giet die rooiwyn in ’n kastrol en verhit tot kookpunt. Kook die wyn af tot daar 250 ml oor is. Giet die afgekookte wyn in ’n maatbeker en hou eenkant.

Sit die bruinsuike­r en room in ander kastrol en klop goed. Sit die stoofplaat op laag en verhit die roommengse­l, terwyl aanhoudend geklop word, tot dit stoom, maar nie kook nie. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Klits die eiergele in ’n mengbak tot lig. Giet die roommengse­l in ’n dun straaltjie by die eiergele, terwyl geklits word. Giet alles terug in die kastrol en verhit weer oor lae hitte, terwyl aanhoudend liggies geklits word, tot die mengsel begin verdik. Voeg die volroommel­k by en roer deur. Verwyder van die hitte en voeg die 250 ml afgekookte rooiwyn by. Klits liggies en verkoel die mengsel tot yskoud. As jy ’n roomysmake­r het, giet die mengsel daarin en karring tot die roomys reg is om vrieskas toe te gaan.

As jy nie ’n roomysmake­r het nie, giet die yskoue mengsel in ’n geskikte bak, bedek met ’n deksel en vries. Klits die roomys elke uur deur om te voorkom dat yskristall­e vorm en om ’n romerige tekstuur te verseker. Sodra die roomys ’n gladde tekstuur het en egalig gevries is, bedek en vries tot benodig. Lewer ongeveer 1 liter roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa