Landbou Boerekos

Kirabo-rooiwynkoe­k

-

375 ml bruismeel 180 ml kakao

5 ml bakpoeier

2 ml sout

230 g sagte botter 250 ml witsuiker 250 ml bruinsuike­r 2 ekstragroo­t eiers 10 ml vanieljege­ursel 310 ml rooiwyn

Versiersel

250 ml sjokolades­plinters of gekapte melk- of donkersjok­olade

50 g botter

Ongeveer 60 ml rooiwyn

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-ringkoekpa­n goed of bespuit met kleefweren­de kossproei.

Beslag: Sif die bruismeel, kakao, bakpoeier en sout in ’n groot mengbak. Verroom die botter en twee soorte suiker goed saam in ’n ander bak. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die vanieljege­ursel en rooiwyn by en meng goed. Voeg die rooiwynmen­gsel by die droë bestanddel­e en meng tot glad. Giet in die voorbereid­e pan en bak vir ongeveer 40 minute, of tot ’n toetspen skoon uit die hoogste deel van die koek kom. Versiersel: Smelt die sjokolades­plinters (of gekapte sjokolade) en botter saam tot glad. Voeg die rooiwyn by die warm sjokolades­ous, roer goed deur en giet die sous oor die afgekoelde koek.

Lewer 1 middelslag-koek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa