Landbou Boerekos

Ouma Ida se dronk hoender

-

12 hoenderstu­kke

250 ml rooiwynasy­n

250 ml soetwyn (Ouma Ida het altyd Old Brown Sherry gebruik)

125 ml tamatiesou­s

60 ml worcesters­ous

60 ml geelsuiker

5 ml fyngekapte knoffel

Sout en peper na smaak

Pak die hoenderstu­kke in ’n enkellaag in ’n oondvaste nie-metaalbak. Meng die res van die bestanddel­e saam en giet oor die hoender (maak seker elke hoenderpor­sie is goed met die marinade bedek). Bedek en verkoel vir ongeveer 3 uur. Haal die hoender uit die yskas sodat dit kamertempe­ratuur bereik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa