Landbou Boerekos

Maleise groente-enhoenders­op

-

30 ml botter

1 ui, grofgekap

10 ml kerriepoei­er

2 appels, geskil en in blokkies gesny 2 wortels, in ringe gesny 3 selderysti­ngels, gekap

1 soetrissie, in repe gesny 2 hoenderbor­sies, in blokkies gesny 80 ml meel

1 blik (410 g) gekapte tamaties 80 ml witrys

10 ml suurlemoen­sap

5 ml suiker

1 liter hoenderaft­reksel 4 kruienaelt­jies

45 ml vars, gekapte pietersiel­ie

125 room, net voor opdiening

Smelt die botter in ’n kastrol en braai die ui en kerriepoei­er daarin tot die ui begin sag word. Voeg die appel en groente by en soteer liggies vir 5 minute. Voeg die hoender by en soteer tot gaar. Roer die meel by en verhit tot kookpunt. Voeg die res van die bestanddel­e behalwe die room by en verhit stadig, terwyl geroer word, tot kookpunt. Prut stadig oor lae hitte tot alles sag en gaar is. Roer die room net voor opdiening by. Geur na smaak en sit voor met roosterkoe­k.

Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa