Landbou Boerekos

Patattert met pekanneute

-

750 ml fyngemaakt­e patat (gebruik ’n handklitse­r om dit eweredig fyn te maak) 2 eiers

125 ml suiker

60 ml room

50 g sagte botter

10 ml vanieljege­ursel

Knippie sout

Bolaag

125 ml bruinsuike­r

30 ml koekmeel

50 g koue botter, in blokkies gesny 125 ml gekapte pekanneute

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Meng die patatpuree, eiers, suiker, room, botter, vanieljege­ursel en sout saam in ’n groot mengbak. Klop tot lig en donsig, skep in die gesmeerde oondbak en maak gelyk bo-op.

Vir die bolaag, meng die bruinsuike­r en koekmeel. Voeg die koue botterblok­kies by en sny die botter met ’n mes in tot die mengsel krummelrig is. Vou die pekanneute in en sprinkel oor die patatmengs­el. Bak die tert vir 30-35 minute tot goudbruin en ferm. Lewer 8-10 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa