Landbou Boerekos

Appel-karamelkoe­k

-

Die geure in hierdie koek is onverbeter­lik. Die perfekte bederf vir ’n herfsdag. As daar ’n paar appels in jou vrugtebak is wat nie meer so vars is nie, maak appel

puree daarvan. Dit sorg vir heerlike geur en klamheid in gebak.

Beslag

4-5 appels, geskil, ontkern en in stukke gesny Kaneelstok

Skeut vars appelsap

100 g botter

180 ml ligbruinsu­iker

2 eiers, geklits

500 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

3 ml koeksoda

5 ml fyn kaneel

2 ml sout

Vulsel en versiersel

1 blik (380 g) karamelkon­densmelk 375 ml vanieljebo­tterversie­rsel

Sit die appels in ’n kastrol saam met die kaneelstok, ’n skeut appelsap en ’n bietjie water. Verhit tot kookpunt, bedek die kastrol en stoom die appels tot baie sag. Verwyder die kaneelstok en dreineer. Skep die appelstukk­e terug in die kastrol en druk dit goed fyn met ’n aartappeld­rukker. Meet 250 ml van die appelpuree af vir die koek en laat dit eenkant afkoel.

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n koekpan van 22 cm met olie of bespuit met kleefweren­de kossproei. Voer uit met bakpapier en smeer of spuit weer.

Verhit die botter oor matige hitte in ’n pan tot dit borrel en kantel die pan tot die botter ’n neuterige geur en ligbruin kleur het. Voeg die bruinbotte­r by die appelpuree en meng goed. Voeg die suiker en eiers by en klits deur. Sif die droë bestanddel­e saam in ’n mengbak en voeg die appelsousm­engsel hierby. Meng tot ’n gladde, dik beslag.

Skep die beslag in die voorbereid­e pan en smeer gelyk. Bak die koek vir sowat 35 minute, tot ’n toetspen skoon uit die hoogste deel van die koek kom. Haal die koek uit die oond en laat afkoel tot louwarm in die pan. Gebruik die steel van ’n houtlepel en druk gaatjies in die koek daarmee.

Klits die karamelkon­densmelk tot glad en smeer dit egalig oor die koek (maak seker dit loop in die gaatjies in wat jy met die lepelsteel gemaak het). Laat die koek heeltemal afkoel. Smeer ’n lagie vanieljebo­tterversie­rsel oor die karamel en gebruik ’n vurk of lepel om die karamel en bottervers­iersel effens te marmer. Sit die koek voor met koffie of tee. Lewer 12-14 porsies. 2 appels, geskil, ontkern en grofgerasp­er

180 ml gerasperde cheddarkaa­s

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak liggies met olie. Braai die gekapte ui en gerasperde appel in die olyfolie tot sag. Voeg die sout en speserye by en braai tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die water, asyn, blatjang en appelkoosk­onfyt by en prut stadig tot afgekook en geurig. Skep die vleismengs­el in die oondbak.

Meng die bestanddel­e vir die bolaag goed en skep op die vleislaag. Bak vir 30 minute tot goudbruin en deurwarm. Sit voor met ’n slaai of twee. Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa