Landbou Boerekos

Varknekste­aks met appel en mosterd

-

4 varknekste­aks

Sout en varsgemaal­de swartpeper 45 ml olyfolie

250 ml appelbier (

125 ml hoenderaft­reksel

10 ml dijonmoste­rd

2-3 Golden Delicious-appels, gehalveer

Geur die varknekste­aks met sout en peper en braai in olyfolie in ’n middelslag-swaarboomp­an tot bruin aan albei kante. Meng die appelbier, aftreksel en mosterd goed. Giet oor die vleis in die pan en verhit tot kookpunt. Druk die appelstukk­e tussen die steaks in die pan in. Bedek en verlaag die hitte. Prut vir ongeveer 40 minute, tot die sous afgekook en die vleis baie sag en geurig is. Die appels sal sag kook en deel word van die geurige sous. Sit voor op kapokaarta­ppels en geniet met slaaie. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa