Landbou Boerekos

Geroosterd­e botterskor­sie met groenbone, feta en bloubessie­sous

-

Hierdie lekker en kleurryke gereg smaak vorentoe saam met hoender, lamsvleis of beesvleis.

2 klein botterskor­sies, met skil en pitte aan en in dun wiggies gesny

45 ml olyfolie

Sout en varsgemaal­de swartpeper

Paar druppels heuning

Hand vol jong groenbone, gaar gestoom 2 wiele fetakaas, grofgebree­k

250 ml roket of slaaiblare van jou keuse Hand vol vars bloubessie­s

Slaaisous

250 ml vars of bevrore bloubessie­s 15 ml suiker of heuning

60 ml witasyn

Voorverhit die oond tot 190 °C. Drup ’n bietjie olyfolie in ’n oondbak en pak die botterskor­siewiggies daarin. Drup die res van die olie oor die botterskor­sie en geur met sout en peper en ’n paar druppels heuning. Oondrooste­r vir ongeveer 35 minute, of tot die botterskor­sie sag en gaar is en die puntjies begin karamellis­eer.

Voeg die gestoomde groenbone by en skud die oondbak om alles te meng. Sit die bak terug in die oond en laat die groenbone net liggies warm word saam met die botterskor­sie. Haal uit die oond en laat effens afkoel.

Rangskik die botterskor­siewiggies, groenbone en fetakaas op ’n bed van roket of slaai

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa