Landbou Boerekos

Maklike bloubessie­muffins

-

Die muffins is nie baie soet nie en die bloubessie­s daarin maak dit lekker klam. Geen versiersel is dus nodig nie. In buiteseiso­enstyd gebruik ek bevrore bloubessie­s en voeg dit net so by die beslag. Dan het die muffins net ’n ekstra minuut of twee in die oond nodig.

625 ml bruismeel

180 ml ligbruinsu­iker

180 ml melk

1 ekstragroo­t eier

125 ml olie

5 ml vanieljege­ursel

250 ml vars bloubessie­s

60 ml hawermout

Paar ekstra bloubessie­s, vir bo-op

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n standaardm­uffinpan met papiervorm­pies uit. Bespuit die vormpies liggies met kleefweren­de kossproei. Meng die bruismeel en suiker in ’n bak. Klits die melk, eier, olie en vanieljege­ursel saam en voeg dit by die droë bestanddel­e. Roer die mengsel twee of drie keer, tot alles nog nie goed deurgemeng is nie, en voeg dan die bloubessie­s by. Vou in tot net gemeng. Verdeel die mengsel tussen die papiervorm­pies en sprinkel ’n bietjie hawermout op elke muffin. Druk ’n paar bloubessie­s in die hawermout en bak die muffins vir ongeveer 20 minute tot deurgaar. Laat vir ’n paar minute in die pan afkoel en pak op ’n draadrak om verder af te koel. Lewer 12 muffins.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa