Landbou Boerekos

Sitruspons

-

droogte sy merk gemaak, maar dis hopelik nou iets van die verlede. Om te keer dat die wind die vrugte beskadig, plant hulle windlaning­s tussen boorde. Diefstal is ook ’n probleem, maar hy weier dat dit sy “vreugde steel”.

“Dis iets wat my pa my geleer het. Daarom kry ons sekuriteit in oor naweke.”

Aan die einde van die dag is hy ’n kosproduse­nt, iets wat hom ’n warm gevoel in die hart gee.

“Met die Covid-19-virus is gesondheid uiters belangrik, en as jy sê ‘vitamien C’, is ’n sitrusvrug mos die eerste prentjie wat in jou kop kom. As dít deel is van die guns wat ons gaan kry, is ek dankbaar dat ons gelei is om sitrus te plant.” (foto op bl. 77)

’n Vitamien-inspuiting met skop! Sit dié verfrissen­de pons by jou volgende partytjie voor. Jy kan dit natuurlik sonder alkohol ook maak; laat dan net die vodka uit. As jy bloedlemoe­ne (lemoene met rooierige vleis) in die hande kan kry, gebruik dit – dit gee die mooiste kleur en lekker geur.

125 ml vodka

6 vars lemoene, uitgedruk

6 vars clementine­s, uitgedruk 1 suurlemoen, uitgedruk

1 elk lemoen, clementine en suurlemoen of lemmetjie, in dun skyfies gesny

1 liter suikervrye vonkellimo­nade

(of ’n gaskoeldra­nk soos Sprite Zero)

500 ml Dry Lemon (suurlemoen­limonade) Ys en vars kruisement­blare

Meng die vodka, vars sitrussap en skyfies sitrusvrug­te in ’n ponsbak. Voeg die twee soorte koeldrank en lekker baie ys en vars kruisement­blare by net voor jou gaste opdaag. Meng liggies en sit voor.

Lewer 8-10 glase pons.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa