Landbou Boerekos

Wildsvleis­bredie met lemoen

-

Probeer ’n slag iets nuuts met wildsvleis.

1,3 kg stowewilds­vleis, in blokkies gesny

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 10 ml koljander

10 ml komyn

5 ml kaneel

45 ml olyfolie

2 uie, grofgekap of in wiggies gesny 4 knoffelhui­sies, fyngekap

1 liter water

250 ml vars lemoensap

Heuning na smaak

Fyngeraspe­rde lemoenskil en vars, gekapte pietersiel­ie, om af te rond

Sit die vleis in ’n mengbak en geur goed met sout en peper. Rooster die koljander, komyn en kaneel droog in ’n pan. Sprinkel dit oor die vleis en meng dit goed deur met jou hande. Verhit die olie in ’n groot swaarboomk­astrol en braai die vleis in sarsies daarin tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en braai tot die uie begin sag word. Voeg die water by. Verhit tot kookpunt en verlaag die temperatuu­r sodat die bredie saggies prut. Prut stadig vir 1½ uur of tot die vleis sag is. (Voeg nog water by as dit lyk of die bredie gaan droog kook.) Voeg die lemoensap by en prut vir nog 15-20 minute tot die sous geurig en afgekook is. Geur na smaak met sout, peper en ’n paar druppels heuning. Rond die bredie af met fyngeraspe­rde lemoenskil en gekapte pietersiel­ie. Sit voor op koeskoes of krummelpap.

Lewer 6-8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa