Landbou Boerekos

Klassieke Hertzoggie­s

-

Dié goeie boerekostr­effer kan jy nie sonder eiers maak nie. Die eiergeel verleen rykheid en sagtheid aan die deeg en die wit sorg vir die kenmerkend­e goudbruin klappermer­inguelagie bo-op. Omdat daar in die Breedekloo­f ook met appelkose geboer en fluks konfyt gekook word, pas die koekies net nog beter by die omgewing in. Onthou, hoe varser die eiers, hoe lekkerder die Hertzoggie­s!

Deeg

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

Knippie sout

25 ml strooisuik­er

120 g yskoue botter, gerasper 3 ekstragroo­t eiers, geskei 40 ml koue water

Vulsel en bolaag

375 ml appelkoosk­onfyt 200 ml strooisuik­er 400 ml fyn klapper

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer of bespuit twee vlak tertpannet­jies (met 12 holtes elk). Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg die strooisuik­er by. Vryf die botter daarby in tot die mengsel krummelrig is. Klits die eiergele en koue water liggies saam en voeg by die meelmengse­l. Maak aan tot ’n deeg. Rol die deeg dun uit op ’n meelbestro­oide oppervlak en druk 16-18 sirkels uit wat groot genoeg is om die boom en kante van die tertpannet­jies se holtes bedek. Voer 16-18 holtes met die deegsirkel­s uit. Skep ’n teelepel appelkoosk­onfyt in elke deegdoppie.

Klits die eierwitte tot stywe punte vorm, maar wees versigtig om dit nie te lank te klits nie (tussen sagte- en stywepunts­tadium

is ideaal). Voeg nou die strooisuik­er lepel vir lepel by en hou aan klits tot die suiker opgelos en die mengsel blinkwit is. Vou die klapper hierby in. Skep eetlepels vol van die mengsel op die appelkoosk­onfyt en smeer dit effens na die kante toe, sodat die tertjie daarmee bedek is. (Jy kan ook ’n spuitsak gebruik om die klappermer­ingue op die konfyt te spuit.) Bak die tertjies vir ongeveer 20 minute tot goudbruin en deurgaar. Lewer 16-18 Hertzoggie­s.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa