Landbou Boerekos

MUIS SE KIND

-

In die Breedekloo­f het álmal byname. Daar is byvoorbeel­d die Strate, “soet” Sakkie en “stout” Sakkie, Johan Erf, die Mossies en die Muise.

“Op Klipdrift was almal Du Toits, en almal is gewoonlik na die oupa genoem. Op die ou einde was daar ’n klomp Daniël, Nicolaas en Philippus du Toits. Om tussen hulle te onderskei, het mense byname gekry, vertel Nicolaas “Muis” du Toit.

“Die ander Du Toits het die Tippels

geword omdat die oupa ’n klomp muistepelt­jies gehad het. Mý oupagrootj­ie het weer ’n groot jas met strepe daarop kerk toe gedra. Gou is hy gespot dat hy soos ’n streepmuis lyk. Sy kinders het toe die Muisies geraak. My oupa was ‘Muis’ en toe my pa met mikrotuie begin vlieg, word hy ‘Vlermuis’.”

Nicolaas, wat in die Paarl skoolgegaa­n het, sê hy het hom destyds op sy regte naam aan die ander skoolkinde­rs voorgestel. “Dit was nie ’n week nie, toe word ek ‘Muis’!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa