Landbou Boerekos

Vis in veerligte bierbeslag

-

Dit was die Britte se liefde vir gebakte vis en skyfies wat die sjef Jamie Oliver ’n resep laat ontwikkel het vir die beste bros beslag vir die vis. Die geheim vir ’n opgepofte, bros deeglagie, het Jamie uitgevind, is niks anders nie as ’n paar styfgeklop­te eierwitte. Ek het sy idee gebruik en geklopte eierwitte by ’n doodgewone bierbeslag ingevou voor die vis daarin gedoop is – dit maak die wêreld se verskil.

Bierbeslag

250 ml bruismeel 3 ml sout

250 ml bier 3 eierwitte, styfgeklit­s

Olie, vir braai

4 witvisfile­tte, goed gegeur met sout en peper Sout en suurlemoen­wiggies, om voor te sit

Meng die bruismeel en sout vir die beslag in ’n bak. Voeg die bier by en meng deur. Vou die styfgeklit­ste eierwitte versigtig in. Verhit die olie tot goed warm. Doop die visfilette in die beslag en maak seker dit is oraloor bedek. Braai die filette vir ’n paar minute in die warm olie tot bros en goudbruin. Skep uit en dreineer op kombuispap­ier. Geur met sout en vars suurlemoen­sap en sit dadelik voor met bros aartappels­kyfies.

Lewer 4 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa