Landbou Boerekos

Flatervrye meringue

-

Ek gebruik hierdie beproefde resep al jare lank as ek harde, bros meringue wil maak, soos klein skuimpies of groot sirkels vir ’ n laag-op-laag-meringuena­gereg of -koek. Dit flop nooit nie en hou lank as jy dit lugdig verpak.

8 vars, ekstragroo­t eierwitte, teen kamertempe­ratuur

Knippie sout

336 g strooisuik­er

336 g versiersui­ker

Kllits die eierwitte saam met die knippie sout tot stywe punte vorm. Voeg die strooisuik­er lepel vir lepel by en hou aan klits tot al die suiker bygevoeg en die mengsel dik en blinkwit is. Sif die versiersui­ker oor en vou dit by die meringueme­ngsel in (of klits dit stadig deur).

Voorverhit die oond tot 100 °C en voer vier bakplate met bakpapier uit. Bespuit liggies met kleefweren­de kossproei. Spuit of skep die meringue in verlangde vorms op die uitgevoerd­e bakplate. Sit dit in die oond en bak vir 1-1½ uur.

Skakel die oond af en laat die meringues in die oond afkoel tot kamertempe­ratuur.

Lig die meringues van die bakplate af en bêre in ’n lugdigte houer.

Lewer ongeveer 60 skuimpies of

3-4 groot meringuesi­rkels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa