Landbou Boerekos

Tamatieker­riehoender met spekvleis

-

Hierdie hoenderger­eg word in die heerlikste sous gebak.

8 hoenderstu­kke

45 ml olie

2 uie, in wiggies gesny

3 knoffelhui­sies, fyngekap

10 ml matige kerriepoei­er

5 ml komyn

5 ml paprika

3 ml borrie

1 pak (250 g) spekvleis, grofgekap

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

Water

Sout, varsgemaal­de swartpeper en heuning na smaak

Vars koljanderb­lare, om af te rond

Braai die hoender in die olie in ’ n pan tot goudbruin. Skep die hoender uit in ’n oondbak. Braai die uie, knoffel, kerrie

poeier, komyn, paprika en borrie in dieselfde pan tot die uie sag is. Voeg die spek by en braai tot net-net gaar. Voeg nou die tamaties by. Maak die een tamatiebli­k vol water en voeg dit ook by. Verhit tot kookpunt en geur die sous na smaak met sout, peper en heuning. Giet die sous oor hoenderstu­kke, bedek met foelie en bak vir 30-35 minute. Haal die foelie af en bak ’n verdere 30 minute lank tot die hoender baie sag en die sous dik en geurig is. Sprinkel vars koljander oor en sit voor op rys. Lewer 4-6 porsies

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa