Landbou Boerekos

Oondgeroos­terde plathoende­r met sitrusmari­nade en patats

-

1 heel hoender

Sitrusmari­nade

15 ml komyn

3 ml paprika

10 ml fyngeraspe­rde lemoenskil 125 ml varsuitged­rukte lemoensap 80 ml heuning

30 ml olyfolie

3 knoffelhui­sies, fyngedruk

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 6 kleinerige patats, in wiggies gesny

Verwyder die hoender se binnegoed en alle stukke sigbare vet. Sit die hoender op sy rugkant neer. Knip weerskante van die borsbeen met ’n skerp kombuisskê­r en verwyder die been. Vou die hoender oop, draai om en druk dit op die rugkant met jou hand plat. Sit die plat hoender in ’n groot, verseëlbar­e plastieksa­k. Meng die komyn, paprika, lemoenskil en -sap, heuning, olyfolie en knoffel goed saam. Giet oor die hoender in die sak en verseël lugdig. Laat die hoender vir minstens 2 uur in die yskas marineer, maar verkieslik oornag.

Voorverhit die oond tot 190 °C. Haal die hoender uit die sak en sit dit in ’n roosterbak. Geur goed met sout en peper en rangskik die patatwiggi­es rondom. Bedruip met die marinade uit die sak. Oondrooste­r vir ongeveer 70 minute of tot deurgaar. (As die hoender te donker raak, bedek met foelie. As die marinade te min raak of in die bak wil brand, gooi ’n bietjie water by.) Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa