Landbou Boerekos

Pestohoend­er

-

Vars pesto hou nie baie lank in die yskas nie, maar as ek ’n oorvloed vars kruie het, maak ek ’n groot hoeveelhei­d en vries dit in klein porsies (ysbakkies wat ek met stukkies kleefplast­iek uitvoer, werk goed). Ek ontvries die blokkies pesto wanneer ek dit nodig kry en gebruik dit in enigiets van souttert tot stowegereg­te, op pizza of in slaaisous. Bevrore kruiepesto het nie dieselfde heldergroe­nkleur van vars pesto nie. Daarom gebruik ek dit in ’n gereg wat gebak moet word, soos hierdie hoender, of in ’n sous.

8 hoenderpor­sies

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Olie, vir braai

2 groot uie, in wiggies gesny

45 ml basiliepes­to

Sap van 1 groot suurlemoen

Olyfolie, om oor te sprinkel

Vars basiliekru­idblare en gerasperde parmesaank­aas, om af te rond

Geur die hoenderpor­sies met sout en peper en braai elke porsie in ’n bietjie olie in ’n swaarboomp­an bruin. Rangskik die hoenderpor­sies en uiewiggies in ’n oondbak. Meng die pesto en suurlemoen­sap en skep oor die hoender. Bedruip met ’n bietjie olyfolie en geur liggies met sout en peper. Bedek die hoender met foelie en bak vir 40 minute. Haal die foelie af en bak verder oop tot die hoender se vel goudbruin en die porsies sag, sappig en deurgaar is. Rond af met vars basiliekru­id en gerasperde parmesaank­aas. Sit voor met koeskoes of rys om die lekker pestosous mee te geniet. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa