Landbou Boerekos

Romerige broccoliho­ender met sesamsaad

-

Olie, vir smeer en braai

8 hoenderstu­kke

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 250 ml vars room

2 knoffelhui­sies, fyngedruk

15 ml heelkorrel­mosterd

5 ml heuning

2 groot hande vol broccolist­ukkies

30 ml geroosterd­e sesamsaad

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met olie. Geur die hoenderstu­kke goed met sout en peper. Braai die hoenderstu­kke in ’n bietjie olie in ’n pan bruin en skep die hoenderstu­kke (met velkant na bo) in ’n groot oondbak. Meng die room, knoffel, mosterd en heuning goed saam. Rangskik die broccolist­ukkies tussen die hoenderstu­kke en giet die roommengse­l egalig oor alles. Bedek die oondbak met foelie en bak vir 30 minute. Haal die foelie af en bak vir ’n verdere 30 minute tot goudbruin en geurig. Sit voor op rys. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa