Landbou Boerekos

Louwarm heuningkoe­kies

-

Maklike koekies met ’n bros heuningkor­sie buite-om en ’n sagte binnekant. Ek het klein randkoekpa­nnetjies hiervoor gebruik omdat dit ’n bakkie in elke koekie vorm waarin ’n skep roomys perfek pas. Maar jy kan die koekies in ’n standaardg­rootte muffinpan ook bak.

Beslag

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

100 ml strooisuik­er 250 ml melk

10 ml vanieljege­ursel 2 ekstragroo­t eiers

100 ml gesmelte botter

Heuningstr­oop 100 ml botter 30 ml kookwater 100 ml heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer die holtes van ’n standaardg­rootte muffinpan met botter of spuit met kleefweren­de kossproei. Sif die meel, bakpoeier en strooisuik­er saam in ’n mengbak. In ’n aparte bak, klits die melk, vanieljege­ursel, eiers en gesmelte botter saam en voeg by die droë bestanddel­e. Meng liggies tot ’n gladde beslag vorm. Verdeel die beslag tussen die gesmeerde holtes en bak die koekies vir 10-15 minute tot gaar.

Terwyl die koekies bak, smelt die botter, kookwater en heuning saam tot glad en prut vir ’n paar sekondes.

Giet die kokende heuningstr­oop oor die koekies sodra dit uit die oond kom. Laat vir ’n rukkie in die panne afkoel en haal versigtig uit. Sit louwarm voor met goeie vanieljero­omys. Lewer 12 koekies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa