Landbou Boerekos

Varkliesbl­okkies met heuning en sesamsaad

-

15 ml olie

800 g varklies, ontbeen en in blokkies gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper

310 ml water 60 ml sojasous

30 ml soet rissiesous

15 ml heuning

2 knoffelhui­sies, fyngekap

10 ml gerasperde, vars gemmer Gesnipperd­e grasuie en sesamsaad, om voor te sit.

Verhit die olie in ’n wok en braai die varkvleis vinnig daarin bruin. Geur na smaak met sout en peper. Voeg die water en 30 ml van die sojasous by en verhit tot kookpunt. Bedek, verlaag die hitte en prut vir ongeveer 30-45 minute of tot die vleis gaar is. Skep die varkvleis uit die vloeistof en hou eenkant. Verhoog die hitte en kook die vloeistof in die wok af tot daar ongeveer 125 ml oor is. Voeg die orige 30 ml sojasous, die soet rissiesous, heuning, knoffel en gemmer by.

Verhit tot kookpunt en skep die varkvleis terug in die sous. Roerbraai die varkvleis in die sous tot klewerig en geurig. Sprinkel grasuie en sesamsaad oor en sit voor op noedels of gestoomde rys of met slaai. Lewer 4 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa