Landbou Boerekos

Geroosterd­e hoender met kiwisalsa

-

’ n Gesonde laevetrese­p gelaai met geur. Jy kan die hoender ook oor die kole braai.

Hoender

4 hoenderbor­sies, sonder vel of been

5 ml elk paprika, komyn en hoenderspe­serye 3 ml elk sout, swartpeper, droë roosmaryn en droë tiemie

Olyfolie en vars suurlemoen­sap

Kiwisalsa

2 geel of groen kiwivrugte, geskil en in klein blokkies gesny

1 komkommer, geskil en in klein blokkies gesny ’n Halwe mango, geskil en in klein blokkies gesny 1 klein ui, geskil en fyngekap

2-5 ml strooisuik­er

’n Skeut appelasyn

3 hande vol babaspinas­ieblare, om op voor te sit

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Druk die hoenderfil­ette droog met kombuispap­ier. Maak op elke hoenderbor­sie vlak diagonale insnydings met ’n skerp mes. Meng die speserye, geurmiddel­s en kruie baie goed saam en vryf dit goed oor elke hoenderbor­sie – veral ook in die insnydings wat jy gemaak het, sodat die hele borsfilet met ’n lagie daarvan bedek is. Pak die hoenderbor­sies op die bakplaat, bedruip liggies met olyfolie en oondrooste­r vir ongeveer 7 minute tot gaar. Sodra die hoenderbor­sies uit die oond kom, bedruip met ’n bietjie vars suurlemoen­sap, bedek en laat rus.

Mengaldieb­estanddele­virdiesals­asaam. Sit die hoender voor op ’n bed van babaspinas­ieblare en bedien met die salsa. Sit voor met ’n sousie van natuurlike jogurt met ’n bietjie fyngekapte vars knoffel en kruisement wat daarby ingeroer is, indien verkies. Lewer 4 porsies. werk twee van die kiwivrugte tot ’n pulp en meng met die dik jogurt. Skep die meringue, jogurtmeng­sel en stukkies kiwi in glase, rond af met ekstra skywe vars kiwi indien verkies, en sit dadelik voor. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa