Landbou Boerekos

Nagereg-‘pizza’

-

Gebruik die resep op bl. 83 en bak 3-4 dun meringuesi­rkels van 20 cm vir hierdie maklike en vinnige nagereg. Bêre die res van die sirkels vir later, of maak meer pizzas.

1 dun meringuesi­rkel van ongeveer 20 cm 180 ml mascarpone of roomkaas

10 ml versiersui­ker

2 ml vanieljege­ursel

3-4 ryp kiwivrugte, geskil en in skyfies gesny Ander vrugte of bessies van jou keuse

Vars kruisement­blare, om mee af te rond Versiersui­ker, om oor te sif

Sit die meringuesi­rkel op ’n werksblad of dienbord neer. Klop die mascarpone (of roomkaas), versiersui­ker en vanieljege­ursel saam tot goed gemeng en smeer ’n dun lagie oor die meringue. Rangskik die vrugte in ’n mooi patroon boop. Rond af met vars kruisement en sif versiersui­ker oor. Sny in wiggies en eet soos ’n pizza. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa