Landbou Boerekos

Kiwi-en-pynappelko­nfyt

-

300 g ryp , vars pynappel, fyngekap

250 g geel kiwivrugte, geskil en fyngekap Sap van suurlemoen

250 ml suiker

Sit al die bestanddel­e in ’n groot kastrol en roer tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut tot die konfyt setpunt bereik. Roer elke nou en dan om te keer dat die konfyt aanbrand. Skep in gesterilis­eerde flesse en verseël.

Lewer 3 standaardf­lesse konfyt.

Kiwi-caprese

Die klassieke Italiaanse slaai wat met ryp tamatie, mozzarella en basiliekru­id gemaak word, trek ’n nuwe baadjie aan. Kiwi en basiliekru­id pas goed saam. As jy wil, voeg ’n paar skyfies avokado ook by.

Slaai

5 geel of groen kiwivrugte, geskil en in skyfies gesny

200 g sagte mozzarella, dungesny Sout en varsgemaal­de swartpeper ’n Hand vol vars basiliekru­idblare

Kiwi-vinaigrett­e

3 ryp kiwivrugte, geskil en gesnipper 15 ml heuning 60 ml olyfolie

30 ml appelasyn

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Rangskik die skyfies kiwivrug, mozzarella (goed gegeur met sout en peper) en vars basiliekru­idblare afwisselen­d op borde. Hou ’n paar basiliekru­idblare eenkant en voeg dit by die vinaigrett­ebestandde­le. Verwerk al die bestanddel­e, behalwe die sout en peper, vir die kiwivinaig­rette saam tot glad. Geur na smaak met sout en peper. Drup die slaaisous oor die slaai net voor jy dit voorsit. Lewer 2 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa