Landbou Boerekos

Onderstebo nektariens­peserykoek

-

Gesmelte botter, vir smeer

3 nektariens, ontpit en in wiggies gesny 195 ml strooisuik­er

460 ml bruismeel

3 ml gemengde speserye

3 ml kaneel

3 ml bakpoeier

150 g botter, gesmelt

125 ml heuning

3 ekstragroo­t eiers

125 ml karringmel­k

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n losboomkoe­kpan van 22 cm met bakpapier uit en smeer die boom met gesmelte botter. Rangskik die nektarienw­iggies in ’n mooi patroon op die papier en sprinkel 15 ml van die strooisuik­er oor.

Sif die res van die strooisuik­er saam met die bruismeel, gemengde speserye, kaneel en bakpoeier in ’n mengbak. Klits die gesmelte botter, heuning, eiers en karringmel­k goed en voeg by die droë bestanddel­e. Meng tot ’n dik beslag vorm. Skep die beslag op die nektarienw­iggies en smeer versigtig glad. Bak vir 55-65 minute tot deurgaar. Laat vir ’n paar minute in die pan afkoel, keer die pan op ’n draadrak en maak die klamp los. Verwyder die ring en basis van die pan en trek die bakpapier versigtig van die nektarienl­aag af. Sit voor met geklopte room. Lewer 12 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa