Landbou Boerekos

Soetsuur rysslaai met nektariens

-

Propvol geur en lekkerte. Dié sakpasslaa­i is heerlik, veral by gebraaide hoender- of varkvleis.

40 ml olyfolie

1 ui, gehalveer en dungesny

5 ml gerasperde, vars gemmer 2 knoffelhui­sies, fyngekap

3 ml elk komyn, kaneel en neutmuskaa­t 500 ml gaar rys (wit- of bruinrys)

Sap van 1 groot suurlemoen

15 ml bruinsuike­r

Sout en vars gemaalde swartpeper 4 nektariens, ontpit en in happiegroo­tte stukkies gesny

1 komkommer, in stukkies gesny

’n Paar babawortel­s, in repies gesny

45 ml vars koljanderb­lare of pietersiel­ie, grofgekap

’n Paar vars kruisement­blaartjies, fyngekap Olyfolie en vars suurlemoen­sap

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui, gemmer en knoffel daarin tot die ui gaar is. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die rys, suurlemoen­sap en bruinsuike­r by en braai tot die rys met ’n speserylag­ie bedek is. Verwyder van die hitte en geur na smaak met sout en swartpeper. Skep die rys in ’n bak en laat afkoel. Voeg die nektariens, komkommer, wortels en kruie net voor ete by. Meng liggies deur en bedruip met olyfolie en ekstra suurlemoen­sap. Geur weer met sout en varsgemaal­de swartpeper indien verkies, en sit voor. Lewer 6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa