Landbou Boerekos

Vinnige nektarient­ert

-

Met ’n rol blaardeeg en ’n paar ryp nektariens kan jy blitsig nagereg maak.

1 rol (300 g) reg-om-te-gebruik-blaardeeg

125 ml roomkaas

15 ml versiersui­ker

Knippie kaneel

5-6 nektariens, ontpit en in dun wiggies gesny Versiersui­ker, om oor te sif

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Spuit die bakpapier met kleefweren­de kossproei. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak oop. Met ’n skerp mes, maak ’n vlak insnyding reg rondom die deeg sodat dit ’n rant van 1 cm om die kante van die deeg kan vorm. Prik die binnekant van die deeg (binne die rant wat jy met die mes gemaak het) met ’n vurk.

Klop die roomkaas, versiersui­ker en kaneel saam en smeer dit in ’n dun lagie oor die geprikte deel van die deeg. Rangskik die nektarienw­iggies sodat dit effens oorvleuel, maar maak seker jy hou die rantjie buite-om oop. Bak vir 12-15 minute tot goudbruin. Sif ’n bietjie versiersui­ker oor en sit warm of teen kamertempe­ratuur voor. Lewer 6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa