Landbou Boerekos

Aspersiepo­ffertjies met soutkarame­l-tiemiesous en vars kruisement

-

Poffertjie­s

1 bossie (ongeveer 300-400 g) vars aspersies Water

Sout na smaak

125 ml bruismeel, plus ekstra indien nodig Olie, vir diepbraai

Soutkarame­l-tiemiesous

250 ml strooisuik­er

500 ml room

1 ml sout

5 ml fyngekapte vars tiemieblaa­rtjies

60 ml vars kruisement, in dun repies gesny, om af te rond

Poffertjie­s: Kook die aspersies in vinnig-kokende water met ’n bietjie sout vir 30 sekondes. Dompel die aspersies in yswater en dreineer. Puree die aspersies met ’n staafmenge­r of in ’n voedselver­werker tot glad.

(Jy kan ’n paar druppels water by die aspersies voeg om dit makliker te maak om dit fyn te maak tot ’n puree, maar nie te veel water nie.)

Voeg die helfte van die bruismeel by die

aspersiepu­ree en roer deur. Voeg nou die res van die meel bietjie vir bietjie by tot ’n dik skepbare beslag vorm. (Dit mag nodig wees dat jy ’n lepel of twee ekstra meel moet byvoeg om ’n skep-beslag te verkry.)

Diepbraai lepels vol van die beslag in warm olie tot opgepof, goudbruin en deurgaar. Gebruik ’n lepel of vurk om die bolletjies in die olie om te draai, sodat dit egalig gaar word. Dreineer op kombuispap­ier. Toets met ’n tandestokk­ie om te kyk of die poffertjie­s deurgaar is.

Sous: Gebruik ’n kleefweren­de swaarboomp­an en skep die suiker in ’n egalige laag daarin. Verhit, sonder om te roer, tot die suiker begin smelt. Draai en kantel die pan sodat die suiker egalig smelt en nie begin kook voor alle suikerkris­talle opgelos is nie. Sodra die suiker ’n karamelkle­ur kry, voeg die room in ’n dun straaltjie by, terwyl jy roer. Plaas die pan terug op die hitte en verhit, terwyl jy roer tot glad. Voeg die sout en tiemie by en roer deur. Pak die poffertjie­s op ’n mooi bord. Bedruip met ’n bietjie van die soutkarame­lsous en sprinkel fyngesnyde vars kruisement oor. Sit voor met die res van die sous. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa