Landbou Boerekos

Vinnige sampioenke­babs

-

Groot bruinsampi­oene met hul vlesige tekstuur is vullend en ’n goeie plaasverva­nger vir vleis. Hierdie kebabs kan op hul eie hul man staan as ete, maar dit is ook lekker as bykos. Jy kan dit oor die kole of in die pan braai.

Marinade

125 ml sojasous

60 ml water

80 ml sagte bruinsuike­r 10 ml witasyn

10 ml olyfolie 2 knoffelhui­sies, fyngekap

500 g groot bruinsampi­oene, in dik skywe gesny

Meng al die bestanddel­e vir die marinade saam tot die suiker heeltemal opgelos is. Giet die marinade oor die gesnyde sampioene en laat marineer vir ongeveer 15 minute. Haal die skywe sampioene uit die marinade en ryg op sosatiesto­kkies (sien kombuiswen­k). Braai die kebabs oor matige kole of in ’n pan en bestryk aanhoudend met die marinade wat oorgebly het. Lewer 4 porsies. 1 heel hoender

1 ui, in kwarte gesny

2 lourierbla­re

1 hoenderaft­rekselblok­kie

Water

Sout en peper na smaak

45 ml botter

250 g bruinsampi­oene, gesnipper

30 ml koekmeel

125 ml warm melk

8 groot, klaarberei­de pannekoeke

500 ml klaarberei­de dun witsous of kaassous

Sit die hoender, ui en lourierbla­re in ’n kastrol. Krummel die hoenderaft­rekselblok­kie oor en bedek alles met koue water. Voeg ’n bietjie sout en peper by. Verhit tot kookpunt en prut vir 1 uur, of tot die hoender so sag is dat die vleis van die bene loskom.

Laat die hoender in die aftreksel afkoel. Sodra dit louwarm is, haal die hoender uit en verwyder die vel en al die bene. Vlok die hoendervle­is en giet die aftreksel (waarin die hoender gaargemaak is) deur ’n sif. Hou die gevlokte hoendervle­is en die res van die aftreksel eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter in ’n pan en braai die sampioene daarin tot gaar. Sprinkel die koekmeel oor en verhit tot dit begin borrel. Voeg die warm melk by en verhit, terwyl geroer word. Voeg genoeg van die aftreksel by om ’n romerige sous te maak. Verhit tot kookpunt, terwyl geroer word. Voeg die gevlokte hoender by en geur na smaak met sout en peper.

Skep ’n groot lepel van die vulsel op elke pannekoek en vou in kwarte. Pak die pannekoeke langs mekaar in ’n gesmeerde oondvaste bak en giet die dun wit- of kaassous oor. Bak vir ongeveer 30 minute, of tot deurwarm en goudbruin bo-op. Sit voor met ’n mengelslaa­i. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa