Landbou Boerekos

Souttert met sampioene, aspersies en camembert

-

6 snye witbrood, korsies afgesny en brood gebotter

1 houer (230 g) roomkaas, geklop tot glad 180 ml melk

60 ml mayonnaise of suurroom

6 eiers

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 200 g klein portabelli­ni-sampioene

45 ml botter

Hand vol vars aspersies, middeldeur gesny Halwe camembertk­aas, in blokkies gesny

Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n diep, middelslag-oondbak uit met die gebotterde brood (gebotterde kant na onder). Klits die roomkaas, melk, mayonnaise of suurroom en eiers goed saam. Geur met sout en peper en hou eenkant.

Braai die sampioene in ’n pan in die botter tot halfgaar. Voeg die aspersiest­ukkies by en braai verder tot dit net begin verkleur. Giet die roomkaasme­ngsel in die uitgevoerd­e bak. Skep die sampioene en aspersies bo-op en druk dit effens in die eiervulsel in. Sprinkel die blokkies camembertk­aas oor. Bak vir ongeveer 25-35 minute tot die vulsel ferm is en die bokant ’n mooi goudbruin kleur het. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa