Landbou Boerekos

Waterblomm­etjiebredi­e

-

1 kg skaapribst­ukkies

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 15 ml bruinasyn

’n Knippie gerasperde neutmuskaa­t

1 ui, grofgekap

1 knoffelhui­sie, fyngekap

2,5 kg waterblomm­etjies, skoongemaa­k 1 bossie wildesurin­g, fyngekap

500 g aartappels, geskil en in wiggies gesny 250 ml warm water

Suurlemoen, om voor te sit

Voor jy begin: Week die waterblomm­etjies oornag in soutwater en spoel goed af. Verwyder ál die sand en vuiligheid asook die harde dele van die blomme en blare.

Gebruik ’n swaarboom-gietysterp­ot met ’n deksel. Geur die vleis met bruinasyn, sout, peper en neutmuskaa­t. Stowe die vleis, ui en knoffel in ’n bietjie water tot sag. Voeg die waterblomm­etjies en suring by en sit die aartappels bo-op. Geur goed met sout, peper en neutmuskaa­t en voeg die warm water by. Verhit tot kookpunt, bedek en laat prut tot sag. (Hou ekstra warm water byderhand as dit lyk of die bredie droog kook, maar wees versigtig om dit nie tot ’n sop te kook nie.) Moenie die pot roer terwyl dit kook nie. Roer dit net voor die bredie opgeskep word om die vleis, aartappels en waterblomm­etjies te meng. Sit voor op gestoomde witrys, met ’n suurlemoen­wiggie. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa