Landbou Boerekos

Waterblomm­etjieen-hoendergeb­ak

-

8 hoenderpor­sies

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 500 g waterblomm­etjies, halfgaar gekook 375 ml room

15 ml heelkorrel­mosterd

15 ml heuning

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met olie. Pak die hoenderpor­sies losweg daarin en geur goed met sout en peper. Skep die waterblomm­etjies tussen die hoenderstu­kke. Verhit die room, mosterd en heuning tot kookpunt en gooi die sous oor die hoender. Bedek en bak vir 45 minute. Haal die deksel af en bak vir ’n verdere 30 minute tot die hoender sag en goudbruin en die sous verdik is.

Lewer 4-6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa