Landbou Boerekos

OM MET ’N JAGTER GETROUD TE WEES

-

Marétha Griessel, Jacobus en Marthinus se ma, moes gou-gou leer om ’n paar planne met wildsvleis te maak.

“Hul pa het ook altyd gejag en omdat die mans so lief is vir jag, moes ons eenvoudig leer vleis werk. Dit het net te duur geraak om net biltong en droëwors te maak. Ons moes dus die vleis reg begin benut.

“Dis ook so gesond!” vertel dié oudhuishou­dkundige.

“Ek het al báie vleis in my lewe gewerk.” Alles wat sy met vleis doen, doen sy met wild ook. Van haar gunsteling-wildsvleis­resepte het sy by ’n tannie Meisie van Aranos gekry. Dis geregte soos wildsvleis­pot met dungesnyde wildsfilet, spek en sampioene, of “velletjies­vleis” — wildschnit­zel wat in room gebak word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa