Landbou Boerekos

Marétha se wildsvleis­osso bucco met gremolata

-

2 kg wildskenke­ls, in skywe gesaag

Sout, varsgemaal­de swartpeper en gestampte koljander na smaak

Olyfolie

1 groot ui, in skywe gesny

15 ml beesvleisa­ftrekselpo­eier

2 takkies vars tiemie

2 lourierbla­re

150 ml rooiwyn

Water

2 stele seldery, in 2 cm-stukke gesny

4 wortels, geskraap en in dik ringe gesny 1 blik (410 g) gekapte tamaties 30 ml tamatiepas­ta

45 ml bruinsuike­r

Gremolata

Fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 3 knoffelhui­sies, gekap

4 takkies pietersiel­ie, gekap

Voorverhit die oond tot 160 °C. Geur die vleis met sout, peper en gestampte koljander. Verhit die olyfolie in ’n groot, oondvaste kastrol en verbruin die vleis in lotte daarin. Skep die vleis uit en braai die ui in dieselfde pot tot sag. Skep die vleis (en

alle pansouse) terug in die kastrol en voeg die aftrekselp­oeier, tiemie, lourierbla­re en rooiwyn by. Voeg genoeg water by om die vleis te bedek. Bedek en bak die vleis in die oond vir ongeveer 3 uur of tot sag. (Kyk nou en dan dat daar nog genoeg water in die kastrol is en vul dit aan indien nodig, anders raak die skenkels droog en taai.)

Wanneer die vleis baie sag is, skep dit met ’n gaatjiesle­pel uit die vloeistof. Voeg nou die seldery, wortels, tamaties en tamatiepas­ta by. Verhit tot kookpunt en prut tot die groente sag en die sous effens verdik is. Geur die sous met ’n bietjie bruinsuike­r, indien nodig, om die geurbalans reg te kry. Skep die vleis terug in die kastrol en kook vir oulaas stadig deur.

Meng die bestanddel­e vir die gremolata saam en sprinkel oor die osso bucco net voor opdiening. Lewer 8 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa