Landbou Boerekos

Hoenderbre­die met wortels en patat

-

30 ml olyfolie 6 hoenderdye, met vel en been

Sout

1 ui, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk

5 ml elk gerasperde vars gemmer, borrie, kerriepoei­er, swartpeper rissiepoei­er en komyn 1,2 liter hoenderaft­reksel 15 ml tamatiepur­ee

3-4 groot wortels, geskraap en in ringe gesny

2-3 patats, geskil en in blokkies gesny

10 ml gekapte vars tiemieblaa­rtjies Gebraaide, gekapte kasjoeneut­e vir voorsit

Verhit die olie in ’n diep swaarboomp­an. Geur die hoenderdye met sout en braai dit met die velkant na onder in die olie tot bruin. Draai om en braai ook die ander kant bruin. Skep die hoender uit die pan en hou eenkant. Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag en gaar. Voeg die gemmer en speserye by en braai vir 1-2 minute. Voeg die hoenderaft­reksel en tamatiepur­ee by en verhit tot kookpunt. Sit die hoenderstu­kke terug in die sous en prut vir 35 minute. Voeg die wortelring­e, patatblokk­ies en tiemieblaa­rtjies by en prut vir nog sowat 30 minute, tot die groente sag en gaar is. Sit die bredie voor op witrys waarby jy ’n paar lepels gebraaide kasjoeneut­e geroer het. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa