Landbou Boerekos

Uie-en-aartappels­op met bloukaasro­om

-

Hierdie dik sop is koesterend en vullend. Sit dit sonder die bloukaasro­om voor as jy nie avontuurlu­stige eters aan tafel het nie, of as jy dit vir kinders maak. Die room, wat net ’n ligte bloukaasge­ur het, komplement­eer egter die smaak van die sop perfek en verleen ekstra rykheid en tekstuur aan die ete.

Sop

60 g botter

4 groot uie, geskil en fyngekap

Sout en peper na smaak 4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny 2 liter goeie hoenderof groenteaft­reksel

750 ml louwarm melk Neutmuskaa­t na smaak

Bloukaasro­om

250 ml room

Ongeveer 60 ml fyngekrumm­elde bloukaas

Smelt die botter oor lae hitte in ’n groot kastrol en braai die uie stadig daarin tot sag. Geur met sout en peper. Voeg die aartappelb­lokkies en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir 2030 minute, of tot die aartappels baie sag is. Verwerk die sop tot glad en voeg die warm melk en ’n bietjie neutmuskaa­t na smaak by. Proe vir geur en voeg nog sout en peper by indien verkies.

Maak die bloukaasro­om net voor ete: Klits die room styf en vou die bloukaas daarby in. Skep die warm sop in verhitte bakkies en rond af met ’n skeppie bloukaasro­om. Lewer 8 porsies.

Die Du Toit-familie van De Keur in die Koue Bokkeveld is bekende uieboere in die WesKaap. Hulle het in die laat 1980’s die eerste keer uie geplant en kort daarna ’n uiepakhuis opgerig. Die ondernemin­g lewer sowat 70% van hul uie-oes aan Freshmark, wat dit weer na Shopriteen Checkers-winkels versprei.

Watter soort uie produseer julle?

Ons boer met ’n bietjie rooi-uie, maar verbou hoofsaakli­k die Kaapse bruin-ui. Ons plant nege verskillen­de kultivars wat in verskillen­de tydgleuwe geoes word.

Hoe werk ’n produksiej­aar?

Ons plant van einde Julie tot einde September. Uie word in twee stadiums geoes. Wanneer dit ryp is, word dit opgetrek, maar dan laat lê ons dit vir sowat drie weke op die land om droog te raak. Daarna word die loof en wortels afgeknip en die uie in kratte gepak. Ons begin gewoonlik op 16 Desember optrek en teen 1 Maart wil ons al die uie in kratte hê.

Hoeveel uie produseer julle per jaar?

Ons plant sowat 185 ha, waarvan ons 15 000 ton uie wil oes. Die klimaat speel ’n groot rol in ons sukses as uieboere. Die Koue Bokkeveld se droë somers is ideaal vir uieproduks­ie. Boonop is die boere in ons streek tegnies baie sterk en nogal mededingen­d, dus druk die ouens mekaar om goeie werk te doen.

Is uieboerder­y arbeidsint­ensief?

Jy kan die oeswerk meganiseer, maar ons verkies steeds om die uie met die hand te knip, want jy kry beter gehalte. Ons het ook masjiene wat die uie optel, maar ons gebruik dit net wanneer ons moet. Ons vrugte- en groente-vertakking­s komplement­eer mekaar wat arbeid betref. Wanneer dit stil is by die vrugte, help die werkers by die uie.

Tot watter mate het die Covid-19-krisis jul uieboerder­y geraak? Ons uie het in dié tyd baie goed verkoop – van ons beste verkope nóg. Ek dink dis omdat mense eerder vars produkte koop wat lank by die huis kan hou. Wat produksie betref, vervoer ons minder werkers op ’n slag in vragmotors, pas streng higiëniese maatreëls in die pakhuise toe en handhaaf sosiale afstand.

Kook julle met uie? Ons gooi uie in alles wat ons maak. Dis veral lekker as jy ’n ui uit die land trek en net so in die kole sit om gaar te word. Sny dan oop, geur en geniet!

Die Smuts-familie van Smuts Broers Agri op Robertson is al sowat 35 jaar lank sinoniem met tamatiepro­duksie. Tussen Desember en Mei verbou hulle sowat 20 000 ton tamaties. Juan-Ivan Smuts vertel hoe hulle dit reggekry het om oor dekades naam te maak in dié bedryf.

Julle boer al dekades met tamaties. Wat is deurslagge­wend tot jul sukses? Ons eet, slaap en leef die landbou. Dit is al waarop ons ons toespits. Ons gee baie aandag aan die klein detail van al die produkte waarmee ons boer. Ons het van die begin af goeie waardekett­ings geïdentifi­seer waarvan ons deel kon raak. Ons het byvoorbeel­d vroeg by die kleinhande­lomgewing betrokke geraak, eerder as om soos tradisione­le tamatiepro­dusente slegs aan munisipale markte te lewer. Só het ons ons besigheid uitgebou. Langtermyn­verhouding­s met kleinhande­laars is vir ons belangrik. Ons glo ook daaraan om bestendige diens en gehalte te lewer – dit het mettertyd ons handelsmer­k geword.

Waarom is tamaties so eie aan Robertson?

Ons lewer tamaties van gehalte met ’n lang raklewe. Tamaties vaar goed danksy ons goeie nagtempera­ture en genoeg hitte-eenhede in die somer. Ons kry ook min somerreën, wat lei tot stewige produksies. Ons roem ons altyd daarop dat ons gesonde tamaties produseer omdat ons virus- en siektedruk baie laag in Robertson is. Plae oorwinter nie juis in die koue winters nie, daarom is ons produksiek­oste ’n bietjie laer.

Watter voordele bied jul pakhuis, Lucerne Pack?

Ons verpak al ons tamaties in die pakhuis, waar ons tegnologie inspan om die tamaties so vinnig moontlik deel te maak van die kouekettin­g en dit daar te hou tot dit op die rak gepak word. Die pakhuis het gevorderde voorverkoe­lingstegno­logie om die tamaties se veldhitte uit te haal, asook genoeg naverpakki­ngsverkoel­ingskapasi­teit. Nog ’n voordeel is die tegnologie op ons verpakking­smasjiene, wat veral aan kleinhande­laars heelwat opsies bied.

Ons kan ook baie akkuraat die regte gewig in die kartonhoue­r of sakkie pak.

Hoe kan tamatieboe­re meganiseer? Tamaties is uiters arbeidsint­ensief. Hoewel ons voortduren­d kyk na maniere om koste te bestuur (arbeidskos­te maak sowat 40% van enige landboubes­igheid uit), is dit ons prioriteit om verantwoor­delik op te tree teenoor ons gemeenskap. Ons wil nie minder mense gebruik nie, maar eerder aan meer mense die geleenthei­d gee om produktiew­er te werk.

12 lamstjops Sout, vir braai

Warm slaai

60 ml olyfolie

5 ml komyn

5 ml koljander

2 blikke (410 g elk) kekerertji­es, afgespoel en gedreineer

1 groot ui, gehalveer en in baie dun skyfies gesny 3 groot tamaties, ontpit en in blokkies gesny

Sap van 1 suurlemoen Sout en swartpeper

Meng alles vir die marinade saam en giet oor

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa