Landbou Boerekos

Pasta met seekos en soetrissie­s in paprika-tamatiesou­s

-

125 g spekvleis, fyngesnipp­er

15 ml olyfolie

2 rooi-uie, dun gesny 4 knoffelhui­sies, fyngekap

1 rooi brandrissi­e, fyngekap

2 rooi soetrissie­s, in dun repies gesny

10 ml gerookte paprika 2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

10 ml suiker

Sout en peper na smaak Water

350 g steurgarna­le, skoongemaa­k en afgedop 350 g mengsel van calamarire­pies en -tentakels 500 g gaar pasta van jou keuse

Braai die spekvleis in die olyfolie tot gaar. Voeg die uie, knoffel, brandrissi­e en soetrissie­s by en braai stadig oor lae hitte tot amper sag, maar nie pap nie. Voeg die paprika by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die tamaties en suiker by. Geur na smaak met sout en peper. Maak een van die tamatiebli­kke vol water en voeg dit ook by. Prut die tamatieen-soetrissie­sous stadig oor lae hitte vir sowat 20 minute, tot dit geurig en effens afgekook is.

Skep die seekos op die sous en roer dit een keer liggies deur. Prut vir ongeveer 3-4 minute, of tot die seekos net gaar is. Geur weer na smaak met sout en peper. Sit dadelik voor op die pasta.

Lewer 6 porsies.

Sakkie Viljoen boer saam met sy pa op hul familiepla­as, Rietvlei, in die distrik Robertson – ’n beroep wat hy as ’n voorreg beskou. Die Viljoens is soetrissie­spesialist­e, maar produseer ook ander rissiesoor­te.

Hoe verloop die produksiep­roses van soetrissie­s?

Ons plant van September af en begin dan Desember oes. Oestyd hou tot so einde Mei aan. Ons kan dus binne twaalf tot veertien weke nadat ons geplant het, ons eerste soetrissie­s afhaal.

Watter soort rissies verbou julle?

Ons produseer rooi, groen en geel soetrissie­s, asook ’n verskeiden­heid brandrissi­es. Die geel en rooi soetrissie­s bied baie groter uitdagings as die groenes. Ons produseer ook baie meer groen soetrissie­s omdat die vraag daarna heelwat groter is.

Hoekom gebruik julle nethuise?

Ons gebruik die nette om die rooi en geel soetrissie­s te produseer. Die verkleurin­gsproses verg baie van ’n plant, en die nette skakel die ergste klimaatsko­mmelinge uit. Die plant stres dan minder en kry kans om die soetrissie­s enduit te laat verkleur.

In watter klimaat floreer soetrissie­s? Soetrissie­s is baie sensitief vir klimaatuit­erstes. Die plante verkies temperatur­e wat wissel van 24 ° C tot 32 ° C. Hulle hou ook van hoë humiditeit.

Lewer die plante goeie opbrengste?

Dit is baie interessan­te plante. Hoe meer aandag jy aan ’n soetrissie­stoel gee, hoe beter sien hy na jou om. Dis amper soos ’n vroumens!

Doen julle enige waardetoev­oeging?

Ons verpak alles self op die plaas onder ons handelsmer­k, Viljoen Boerdery. Die meerderhei­d van ons produkte word egter in die kettingwin­kels se eie verpakking­smateriaal gepak.

Is daar probleme?

Die rissies verg aanvanklik baie hoë produksiek­oste. Dan duur dit drie tot vier maande voor jy ’n produk oes, wat jy dan aan ‘n beperkte mark met wisselvall­ige pryse moet verkoop.

Wat is jou gunsteling­gereg waarin soetrissie­s voorkom?

Pizza!

Stéfan du Plessis het grootgewor­d op Elandsrivi­er, ’n plaas in die Warm Bokkeveld waar hulle onder meer appelkose (20 ha) droog. Onlangs het hy ook Mon Don-landgoed by Robertson bekom, waar hy appelkose (3 ha) vir die vars mark produseer.

Watter voordele hou dit in om op twee plekke met appelkose te boer?

Die Warm Bokkeveld kry nie reën in die somer nie, maar die winters is kouer.

Die kultivars waarmee ons daar boer – Soldonné en Bebeco – het hoër kouebehoef­tes en is spesifiek vir die droogmark geteel. Robertson het ook droë somers, maar nie so baie winterkoue nie. Die appelkose op Mon Don – Imperial en Charisma – is dus vroeër ryp, wat ons in staat stel om ons appelkooss­eisoen te rek. Ons begin vroeg in November daar pluk en maak dan later klaar op Elandsrivi­er. Gewoonlik pluk ons die laaste appelkoos op 31 Desember!

Is dit waar dat die wêreldwye appelkoosb­edryf krimp?

Dit is ongelukkig so. Ons boer nog met dieselfde kultivars wat my pa 20 jaar gelede geplant het. Daar het nog nie beter kultivars na vore gekom nie. Die mark vra vir appelkose met ’n mooi rooi wangetjie, wat ons nog nie op die oomblik het nie. Die rede vir die afname het dus te make met teelmateri­aal. ’n

Appelkoos is ook ’n moeilike kalant wat maklik sag word en daarom mooi opgepas moet word.

Hoekom glo jy steeds in appelkose as boerderyge­was?

Ons is óf baie dom óf baie slim, maar my familie is mal oor appelkose. My oupa het al destyds begin om appelkose te droog en my pa het al die jare daarmee geboer. Ons kry steeds goeie produksies, al is die kultivars oud. Appelkose – veral inmaakkult­ivars – is soms geneig tot alterneren­de drag, maar ons produksies is jaar ná jaar goed. Ons reken dis ’n fantasties­e produk waarmee ons nog ’n geldjie kan verdien. Ons is ook ingerig daarvoor om appelkose te kan droog.

Hoe voeg julle waarde toe?

Ons droog alles self en pak die vars appelkose uit Robertson ook self. Só maak ons seker kneusings word tot die minimum beperk. Plaaslik versprei ons vars appelkose onder die Cape Fresh Produce-handelsmer­k na Freshmark.

Vertel van jul Appelkoosf­ees wat jaarliks op 16 Desember plaasvind? Ons stel van ons boorde oop sodat mense hul eie appelkose kan pluk en dan per gewig daarvoor betaal. Verlede jaar het ons 2 ton appelkose só verkoop. Mense is mal oor die plaasgevoe­l en geniet die dag saam met hul kinders.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa