Landbou Boerekos

Pruimpieke­l

-

Hierdie piekel is só lekker dat jy dit net so op sy eie sal wil eet, en is vinnig en maklik om te maak. Dit smaak op sy beste by koue vleis, soos gerookte, sout varkboud of beestong.

310 ml witdruiwea­syn 8 swart peperkorre­ls 8 wonderpepe­rkorrels 3 ml anyssaad

2 heel steranyssa­de 1 kaneelstok

500 ml suiker

1,2 kg donkerrooi, ferm pruime, gehalveer

Verhit die asyn, al die speserye en die suiker stadig oor lae hitte tot die suiker heeltemal opgelos is. Verhoog die hitte tot kookpunt, en kook die vloeistof vir ongeveer 3 minute. Voeg die pruimhalwe­s by. Kook die pruime vir 5 tot 8 minute in die vloeistof en verwyder die kastrol van die hitte. Laat die pruime in die piekelvloe­istof afkoel. Bottel en verseël.

Lewer 3 groot flesse pruimpieke­l.

Hugo Theron en sy seuns, Lourens en Cobus, boer met ’n verskeiden­heid vrugte op hul plase in die distrikte Breërivier en Tulbagh. Dit sluit in pruime, uitvoerper­e, nektariens, pruimedant­e, inmaakpers­kes en appels.

Suid-Afrika is wêreldbeke­nd vir gehaltepru­ime. Hoekom?

Die suikerinho­ud van ons pruime is lekker hoog, veral die latere pruime. Maar ons kan nie op ons louere rus nie, want pruime uit Argentinië en Chili is op ons hakke wanneer ons vrugte wintertyd in Europa aankom. Dus móét ons ’n kortkop voor wees wat smaak en gehalte betref.

Watter kultivars produseer jy?

’n Hele klomp! Van die vernaamste­s is Suplum 41, African Rose, Black Splendour, Fortune,

Flavor King, African Delight en Ruby Star.

Wat is ’n pluoot?

Dit is ’n kruising tussen ’n pruim en ’n appelkoos. Dit is deesdae baie gesog en verdien hoë pryse. Flavor King is ’n voorbeeld van ’n pluoot. Dit het ’n baie lekker smaak en goeie suikerinho­ud.

Waarom is pruime vir jou ’n lekker gewas om mee te boer?

Dit is ’n relatief maklike gewas, want ons behaal goeie opbrengste en die spuitprogr­am stel nie sulke hoë eise nie. Aanvanklik het jy jou hande vol met opleiding en boomvoorbe­reiding, maar as die bome eers vrugte dra, is daar min probleme. Pruime pak en hanteer ook maklik. Ek sê nie jy moet met hom baklei nie, maar pruime is meer verdraagsa­am vir kneusings as byvoorbeel­d nektariens.

Hoekom aard pruime by jou?

Dit is steenvrugw­êreld dié. Die Breërivier en Tulbagh het koel winters en warm somers en die streek is rypvry. Boonop het ons goeie grond. Dit alles maak dit ideaal vir pruimprodu­ksie.

Waar lê die groot markte?

Ons voer hoofsaakli­k uit, deur Delecta na Brittanje en die MiddeOoste en deur InSeason na Europa. Ek lewer sowat 20% van die oes aan die plaaslike mark deur Freshmark. Ek haat dit as ek hoor mense sê boere voer hul beste vrugte uit en Suid-Afrikaners moet met die naasbeste tevrede wees. By my is dit nie die geval nie. Ek is puntenerig daaroor om vir almal uitvoergeh­alte te gee. As jy by my bestel, kry jy net die beste vrugte.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa