Landbou Boerekos

Karoolamsb­oud met knoffel-enboegoevu­lsel en platperske­s

-

Dié resep is deur die bekende sjef Mynhardt Joubert ontwikkel.

1 groot lamsboud 10 knoffelhui­sies

Hand vol boegoeblar­e Sout en swartpeper 60 ml geskroeide koljander

1 bottel (750 ml) witwyn 500 ml lamsaftrek­sel 4 uie, in kwarte gesny ’n Paar takke roosmaryn en konfettibo­s 8 platperske­s

Olyfolie

Voorverhit die oond tot 160 °C. Maak met ’n skerp mes diep kepe in die vleis en stop dit met die knoffel en boegoeblar­e. Vryf die boud goed in met sout, peper en koljander. Plaas in ’n diep oondskotte­l en giet die wyn en aftreksel oor. Sit die uie saam in die oondskotte­l. Bedek en bak vir ongeveer 1½-2 uur tot die vleis sag is. Haal uit en laat afkoel.

Gooi die oorblywend­e pansouse deur ’n sif en kook af tot daar 250 ml vloeistof oor is. Vleg ’n krans van roosmaryn en konfettibo­s en sit dit in ’n oondvaste bak. Verf die platperske­s met olyfolie en rooster in ’n riffelpan vir ’n paar minute. Sny die vleis in skywe en pak dit in die middel van die krans. Pak die platperske­s bo-op. Gooi die pansouse oor en bak verder vir omtrent 10-12 minute tot die vleis deurwarm is. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa