Landbou Boerekos

Hoendersko­ttel met sagte droë-appelkose

-

8-10 hoenderpor­sies

Sout en varsgemaal­de swartpeper

30 ml olyfolie

45 ml botter 6 knoffelhui­sies, gekap 2 uie, in dun wiggies gesny 10 ml fyngeraspe­rde, vars gemmer

7 ml elk komyn en fyn koljander

5 ml elk kaneel, paprika en borrie

500 ml hoenderaft­reksel 2 hande vol sagte droëappelk­ose

1 x 100 g-pakkie ontpitte, groen olywe

100 ml gekapte, vars pietersiel­ie of koljanderb­lare Fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

Geur die hoenderpor­sies met sout en swartpeper. Verhit die olie in ’n groot, vlak swaarboomp­ot en braai die hoenderpor­sies in die olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.

Verhit die botter in dieselfde pan. Braai die knoffel, uie en gemmer oor lae hitte daarin tot sag. Voeg die speserye by en braai vir 1 minuut. Voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die hoender in die sous en sprinkel die appelkose en olywe oor. Bedek en prut stadig oor lae hitte vir 60 minute.

Verwyder die deksel. As die sous nog waterig is, laat die bredie vinnig kook om dit effens af tekook. Sprinkeldi­ekoljander en suurlemoen­skil oor, geur na smaak en sit voor op koeskoes met botter. Lewer 6-8 porsies.

Daniël Conradie se familie boer al geslagte lank met vrugte in die Ceresvalle­i. By die Waboomsber­gboerdery verbou hulle op twee plase ’n wye verskeiden­heid vrugte vir die droog- en uitvoermar­k. Hy vertel meer oor Dried Fruit Direct, hul vertakking wat sagte droëvrugte vir Freshmark se Padkos-handelsmer­k produseer.

Watter soorte vrugte droog julle alles? Appelkose, perskes, pere, appels en pruimedant­e. Ons het onlangs ook persimmons begin droog, wat ons die enigste drogingsaa­nleg in die land maak wat persimmons doeltreffe­nd droog.

Hoe verskil sagte droëvrugte van gewone droëvrugte?

Sagte droëvrugte ( soft eating dried fruit) is uniek omdat ons net die regte hoeveelhei­d vog by die droëvrugte voeg om ’n semidroë produk te lewer wat heerlik smaak. Die sagte droëvrugte word in ’n spesiaal-ontwerpte afdeling behandel en aan spesifieke prosesse onderwerp sodat ons keurgraad-droëvrugte met spesiale kenmerke kan produseer.

Hoekom konsentree­r julle hierop?

Ons wou ’n droëvrugte­produk skep wat anders is as die konvension­ele produkte op die rak. Ons het dit in ’n gerieflike formaat verpak sodat die verbruiker dit kan saamneem werk of skool toe of in die motor peusel. Dis gerieflik en gesond, want dit bevat nie ekstra suiker nie.

Hoe lyk die verhaling as jy vrugte droog? Dit hang van die vrugsoort af, maar in die algemeen is die droëvrugte-opbrengs gemiddeld 10-16% van die hoeveelhei­d vars vrugte wat verwerk word. Dit wil sê 10 ton appels word benodig om 1 ton droë-appels te maak. Vir persimmons is dit 12 ton en vir pruimedant­e 7 ton.

Gebruik julle slegs jul eie vrugte?

Ons gebruik ál ons eie appelkose, perskes en pruimedant­e en ’n deel van ons appel- en peeroes. Ons koop ook vrugte van ander boere af aan — veral appelkose uit die Klein-Karoo.

Is daar wanopvatti­ngs oor droëvrugte?

Veral plaaslike verbruiker­s dink soms droëvrugte word van uitskotvru­gte gemaak. Ons gebruik slegs eerstegraa­dvrugte wat spesifiek gekweek word om gedroog te word. Ons verbinteni­s met Freshmark stel ons deur sy verspreidi­ngs- en kleinhande­lnetwerk in staat om dieselfde keurgraadp­roduk aan die plaaslike mark te voorsien as wat ons uitvoer.

Laastedrif Agri op Ceres lewer reg deur die jaar groente en vrugte aan supermarkt­e. Dié boerdery besproei nie minder nie as 1 200 ha onder vrugte en groente. Een van hul nisprodukt­e is bababeet. Rossouw Cillié, eienaar, het innoverend­e planne om vir dié groente ’n moderne baadjie aan te trek.

Julle verbou ’n rits groente. Waar pas bababeet in die mandjie?

Ons verbou heeljaar bababeet danksy ons verskillen­de plase in die BoSwaarmoe­d-omgewing by Ceres en in die Sandveld. Aangesien ons beet kommersiee­l verbou, was bababeet ’n goeie toevoeging. Die een is groot en die ander klein. Ons sien baie geleenthei­d om waarde toe te voeg tot bababeet.

Wat beoog julle alles met bababeet? Ons werk aan twee projekte vir Freshmark. Die een is gekookte beet, sonder geurmiddel­s, met ’n rakleeftyd van vier maande. ’n Mens kan dit in jou ys- of koskas bêre. Die beet is reeds gaar en jy kan dit in die pakkie in die mikrogolf opwarm. Dis besonder gerieflik. Die ander projek is gegeurde beet wat in ’n herwinbare plastiekba­kkie versprei word. Die bakkie is ’n splinternu­we konsep, vernuwend en duursaam. Ons stel eersdaags die eerste twee geure bekend: vinaigrett­e en Kaaps-Maleise kerrie.

Hoekom is beet so geskik vir produkontw­ikkeling?

Mense is óf dol oor beet óf hulle eet dit glad nie. As ons geure byvoeg, kan ons nuwe verbruiker­s bereik, veral die jonger mark wat nie weet hoe om beet voor te berei nie. Aangesien beet baie natuurlike suiker bevat, neem dit geure maklik aan. Dis ook veelsydig, want jy kan dit soet bedien met byvoorbeel­d kaneel of met sterker geure, soos kerrie. Jy kan ook baie daarmee doen. Eet dit net so, bak daarmee of voeg dit by ’n slaai.

Is daar ’n groot verskil tussen bababeet en gewone beet?

Nee, bababeet is gewone beet, maar dit word jonger en kleiner geoes. Jy kry kultivars wat spesifiek bababeet oplewer, maar ek verkies om ons gewone kultivars as bababeet te oes wanneer dit jonger en soeter is. Aangesien die beetjies so klein is, sukkel jy om ’n groot tonnemaat te behaal. Dis hoekom dit so belangrik is om waardetoev­oeging te doen.

Hoe bedien jy graag bababeet? Navorsing wys Suid-Afrikaners eet beet meestal in slaaie. Dis wonderlik om met beet te bak. Dit maak sjokoladek­oek en brownies heerlik klam. Boonop is dit baie gesond. Jy kan minder suiker in jou gebak gebruik danksy die beet se natuurlike suiker.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa