Landbou Boerekos

Geroosterd­e bababeeten-kaasslaai

-

Dié slaai smaak lekker saam met geroosterd­e hoender- of varkvleis.

Slaai

12 bababete, gaargekook

45 ml heuning

45 ml olyfolie

Sout en swartpeper

3 ml fyn komyn

2 groot hande vol roketblare

250 g buffelmelk­mozzarella, in growwe stukke geskeur

200 g sagte fetakaas, grofgekrum­mel

Groot hand vol pitlose rosyne

100 g geroosterd­e haselneute of amandels, grofgekap

Slaaisous

45 ml appelsap

45 ml olyfolie

45 ml appelasyn

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 5 ml heelkorrel­mosterd

Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die gaar bababeet in die oondbak. Klits die heuning en olyfolie liggies saam en bedruip die beet daarmee. Besprinkel met sout, peper en komyn en oondrooste­r vir ongeveer 15 minute of tot die beet gerooster en die sous gekaramell­iseer is. Haal uit die oond en laat afkoel. Pak die roket op ’n opdienbord en skep die beet (en die stroop wat gevorm het terwyl dit gerooster het) oor. Sprinkel die twee soorte kaas en die rosyne oor. Klits die bestanddel­e vir die slaaisous liggies saam en skep ’n bietjie daarvan oor die slaai. Sprinkel geroosterd­e neute oor en sit voor. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa