Landbou Boerekos

Peerpoedin­gs met roomstroop

-

Beslag

250 ml suiker

45 ml botter

2 eiers

60 ml melk

300 ml koekmeel

100 ml gemaalde amandels

7 ml bakpoeier Knippie sout

420 g ryp pere, geskil, ontkern en in wiggies gesny

125 ml gevlokte amandels

Stroop

250 ml suiker

250 ml room

60 ml brandewyn 10 ml vanieljege­ursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 8 individuel­e bakkies (of ’n tertbord van 26 cm) met botter. Verroom die botter en suiker goed en voeg die eiers by. Klits goed. Voeg die melk by en klits weer deur. Voeg die meel, gemaalde amandels, bakpoeier en sout by en meng goed. Verdeel die beslag tussen die bakkies of skep dit in die tertbak. Pak die peerwiggie­s daarop en druk dit effens in die beslag met ’n teelepel. Bak vir sowat 30 minute tot goudbruin. Haal uit die oond, sprinkel die amandels oor en bak verder tot deurgaar en die amandels goudbruin is.

Stroop: Terwyl die poeding bak, verhit die suiker en room tot kookpunt. Voeg die brandewyn by en kook vir ’ n paar sekondes. Sodra die poeding uit die oond kom, voeg die vanieljege­ursel by die stroop en skep die stroop versigtig oor die poedings. Laat effens afkoel en bedien met vanieljero­omys of geklopte room. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa