Landbou Boerekos

‘Proe’ Skoonuitsi­g se soet storie

Die plaas Skoonuitsi­g in die Breërivier­vallei verbou spognektar­iens wat getuig van geslagte se boerderyve­rnuf en ’n omgewing wat met ’n goeie klimaat geseën is.

-

Artikel: LUCILLE BOTHA Resepte, kosvoorber­eiding en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS

Jacobus van der Merwe is die sesde geslag wat op die plaas Skoonuitsi­g in die prentjiemo­oie Breërivier­vallei boer.

“Ek is bevoorreg, want my pa het 25 jaar gelede die regte besluite geneem. Ons pluk nou (letterlik) die vrugte daarvan,” sê hy terwyl ons ’n draai deur die pakskuur stap.

Dis middagete, en die pakkers sit langbeen in die skaduwee, maar ’n mens kan jou die miernes van bedrywighe­de indink wanneer die vervoerban­de rol en een boks ná die ander met robynrooi, soet nektariens gevul word.

“My pa, DP, het sy eerste paklyn self uit hout gebou.”

Later het hulle die huidige pakstelsel gekoop, en nou begin ’n moderner een wink wat hulle graag as bemagtigin­gsprojek saam met hul werknemers wil aanpak.

“Proe ons storie,” staan op Skoonuitsi­g se nektarienb­okse geskryf. Elke vrug van die plaas moet spreek van gehalte, volhoubare boerderypr­aktyke en die vrugbare vallei waaruit hulle kom.

Jacobus boer ook met wyndruiwe, pere, perskes, pruime en pruimedant­e, maar die nektariens is ’n groot passie.

Skoonuitsi­g se nektariens is sowat twee weke vroeër ryp as dié in Ceres, wat hulle ’n goeie voorsprong in die mark gee.

“Dis ook koeler as in die meeste ander dele hier rond, soos Slanghoek en Worcester. Die wind waai wel verskrikli­k. Ons moes daarby aanpas en windlaning­s aanplant en ál ons bome oplei.”

Hy gaan wys ons ’n moderne, netjiese nektarienb­oord, waar die soet perskegeur swaar in die lug hang. Aan die bome hang die vrugte, geil en rooi, amper soos skitterend­e juwele.

“Dis die kultivar Crimson Blaze. Die VerreOoste­rse mark hou veral baie daarvan, want die kleur is so besonders,” sê Jacobus.

Skoonuitsi­g se nektariens is sowattwee wekevroeër­ryp as dié in Ceres, wathulle ’n goeievoors­prong in die mark gee.

TOT BY DIE VERBRUIKER

Nektariens is eintlik ’n nisproduk waarvoor nie alle vrugteboer­e kans sien nie. Vir iemand wat daarmee grootgewor­d het, is Elke vrug word sorgvuldig uitgesoek in die pakskuur sodat net die beste gehalte verpak en uitgevoer word.

dit egter so natuurlik soos asemhaal. “Dis vir my lekker omdat die boorde mooi en netjies is. Ons het in 2012, toe ek plaas toe gekom het, begin om ons boorde op te lei, want dit pluk makliker en jy kan meer bome per hektaar plant, wat jou oes vergroot. Die gehalte van vrugte wat nader aan die stam sit (soos met opgeleide bome), is ook gewoonlik beter.”

Hy boer nie net met die vrugte nie, maar verpak en vervoer dit ook self.

“Ons voeg waarde toe tot by die eindverbru­iker. Die pakskuur is my eintlike liefde. Ek geniet die sakesy; die in- en uitvoer en bemarking. My pa het dertig jaar gelede self sy vrugte begin pak. Ons stelsels is sodanig dat ons vyf maande van die jaar – van Oktober tot Maart – vrugte op die mark kan hê.”

Hul vrugte word deur Core in Brittanje en die Midde-Ooste bemark. Op eie bodem koop hoofsaakli­k Shoprite Checkers die nektariens.

“Ons pluk as ’n reël die vrugte terwyl dit taamlik ferm is sodat dit per skip uitgevoer kan word. Dit beteken dit moet tien weke lank hou (in koue-opbergings­geriewe).”

Na gelang van die kultivar en tyd van die jaar pluk hulle sowat 20 ton tot 30 ton vrugte per hektaar.

“Daar is boere wat dit tot oor 50 ton per hektaar druk, maar ons gebied is nie bekend vir sulke opbrengste nie.”

Jacobus glo daaraan om so min as moontlik plaagdoder­s te spuit.

“Ons spuit slegs wanneer ons monitering wys daar is probleme. Ons kyk ook na die natuurlike roofinsekt­e in die boorde sodat hulle kan help om die plae uit te wis.”

‘EET SOMMER TIEN OP ’N DAG’

Buiten witvleis-nektariens verbou Jacobus ook ’n seldsame lospit-nektarien vir die droogmark.

“Min mense het hierdie kultivar, maar dit droog ongeloofli­k en het ’n baie lekker smaak. Dis ook net voor Kersfees ryp.”

Sy vrou, Raelene, woeker graag met nektariens in die kombuis. Sy maak dit in en sny dit in hul vrugteslaa­i vir ontbyt.

Sy ma, Olma, is ook ’n voorslag met boerewors in ’n nektariens­ous.

“Ek eet maklik tien nektariens op ’n dag in oestyd,” sê Jacobus laggend, terwyl hy gulhartig vir ons ’n paar bokse vrugte in die motor laai.

 ??  ?? Om met nektariens te boer, sit nie in enigeen se broek nie, maar dis diepgesete­l in Jacobus van der Merwe se gene. Hy het baie van sy kennis by sy pa, DP, geleer.
Om met nektariens te boer, sit nie in enigeen se broek nie, maar dis diepgesete­l in Jacobus van der Merwe se gene. Hy het baie van sy kennis by sy pa, DP, geleer.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Crimson Blaze is ’n spesiale kultivar wat veral in die Ooste gewild is vanweë die besonderse, rooi skil.
BO: Skoonuitsi­g se klimaat is ideaal vir vrugteverb­ouing. Buiten nektariens word daar ook met wyndruiwe, pere, perskes en pruimedant­e geboer.
LINKS: Crimson Blaze is ’n spesiale kultivar wat veral in die Ooste gewild is vanweë die besonderse, rooi skil. BO: Skoonuitsi­g se klimaat is ideaal vir vrugteverb­ouing. Buiten nektariens word daar ook met wyndruiwe, pere, perskes en pruimedant­e geboer.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa