Landbou Boerekos

As kos en wyn hande vat

-

Artikel: LUCILLE BOTHA Resepte: IVY OATES Kosvoorber­eiding en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: NICKEY BOTHMA EN RIEHAN BAKKES

om die hele jaar lank ál die kos wat ek vir gaste maak, op hul borde voor te sit. Dit het nie lank gehou nie,” sê sy laggend.

Ivy sal ’n resep in ’n tydskrif deurlees en onthou, en dan haar eie stempel daarop afdruk.

“Ek het glad nie ’n resepteboe­k waarin ek resepte uitdruk en plak nie. Glad nie. Al wanneer ek ’n resep lees, is wanneer ek bak, anders flop alles!”

Ivy Oates is een van daardie natuurlike kokke wat nooit van ’n resep af werk nie, maar bloot op aanvoeling kos maak.

Ivy is die sesde geslag wat die wyntradisi­e op Jason’s Hill voortsit.

“In my oupa se tyd het hulle Slanghoek Kooperatie­we Kelder begin. Ons het opgehou wyn maak en net druiwe aan die kelder gelewer. Ek het weer in 2001 op die plaas begin wyn maak,” vertel die fyn donkerkopv­rou wat sedert haar toetrede tot die bedryf die een wyneerbewy­s na die ander ingeryg het – onder meer Diners Club se jongwynmak­er van die jaar en Landbouwee­kblad se Vrouewynma­ker van die Jaar.

“My pa het ons nooit laat voel ons moet plaas toe kom nie, maar het ’n oop gemoed daaroor gehad dat hy die plaas gaan verkoop omdat hy net twee dogters het. Ek is destyds Worcester Gimnasium toe omdat die skool landbouwet­enskap as vak aangebied het, dus was my belangstel­ling al daar.

“In gr. 11 het ek vir my pa gesê ek wil graag probeer wyn maak, toe sê hy vir my vroumense doen nie dit nie! Hy was nie verkeerd nie, want daar was nie regtig daardie tyd vroue wat wyn gemaak het nie. En dis nie asof my pa vir Norma Ratcliffe geken het nie!”

Intussen het vroue ’n alledaagse gesig in kelders geword. Bykans die helfte van die BreedeMake­rs (’n groepering wynmakers in die Breedekloo­f – lees meer daaroor op bl. 116) is deesdae vroue.

“Ek sien myself nie as iemand wat die voortou geneem het nie, ek dink ek het net nog pelle bygekry!”

Ivy en Alister werk sy aan sy op die plaas: sy in die kelder en hy in die wingerde.

“Hy sê altyd as die wyn goed is, is dit die wynmaker, maar as die wyn swak is, is dit die boer se skuld. Solank hy dit so verstaan, is dit reg met my,” gee sy een van haar vrolike laggies.

Ivy is baie lief vir die wynbedryf en kan nie dink wat sy anders sou doen nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa