Landbou Boerekos

Wyn en samesyn om Opstal se tafel

-

aar is altyd báie kos op haar tafel, altyd genoeg. “En dit lyk nooit of dit vir haar moeite is nie,” vertel Attie Louw, wat baie lief is vir sy ma, Ria, se skaapkerri­e, beesstert en lamskenkel­s. Hy eet nog die meeste middae aan sy ma se tafel.

“My uitdaging is om smiddae hier groot te eet en vanaand wéér by die huis!” skerts hy.

Ria is gaande oor wat sy “geleenthei­dskos” noem, en op Opstal, die familie se wynlandgoe­d in die Slanghoekv­allei, kry sy genoeg kans om te onthaal en mense met haar lekker kos te bederf.

“Dit klink seker snaaks, maar hoewel my ma fantasties­e kos gekook het, was ek nooit saam met haar in die kombuis nie,” sê Attie. “My broer, Zak, het baie beter kos gemaak as ek.”

Ria was self nie altyd so tuis in die kombuis nie.

“Ek het liewer naaldwerk gedoen, dan het my ma gesê: ‘Jy gaan eendag nie eers rys kan kook nie.’”

Toe Ria destyds met Stanley Louw getroud is, het sy egter sy aan sy met haar skoonma, Ansie, in die kombuis gewerskaf.

“Sy het my laat skilferdee­g maak … my hande is warm, dis wat skilferdee­g nie wil hê nie, maar dan moet ons soggens 04:00 onder daardie akkerboom staan, want daar moet pasteie gebak word!”

Dis juis hierdie saamdoen, saamwerk en saamleef op Opstal wat Ria koester.

Opstal se geskiedeni­s strek terug

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa