Landbou Boerekos

Hoender-hemel

Op dié hoenderpla­as word die hoenders ‘Skattebol’ of ‘Sussie’ genoem. En wanneer ’n paar henne in die wingerd gaan skrop, gee dit nuwe betekenis aan die begrip ‘vrylopend’.

- Artikel: LUCILLE BOTHA Resepte, kosvoorber­eiding en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS

Charl Smit, eienaar van Winelands Free Range Chicken, het ’n geleenthei­d vir vrylopende braaihoend­ers op die mark geïdentifi­seer. Hy glo as die hoenders gesond eet, lewer hulle gesonde vleis wat mense se welstand ’n hupstoot gee.

‘ Ons wil die lewe vir die hoenders op die plaas so goed as moonlik maak. Kommersiël­e produsente jaag produksie na, en nie gehalte of dit wat goed is vir die hoender nie. Ons glo daarin om die hoenders gesonde kos te voer sodat ons gesond kan eet en gesond kan wees,” sê Charl Smit, eienaar van Winelands Free Range Chicken, terwyl hy tussen sy Cobb-hoenders deurstap. Daar is ook sowat 3 000 Lohmann-Brownlêhen­ne op die plaas.

“Kom, Sussie,” por hy ’n hen aan voor hy verder praat. Hy wys ook na ’n paar hennetjies wat in die nabygeleë wingerd skrop. “Die bedryf se riglyne oor vrylopende hoenders sê jy mag 15 braaikuike­ns per vierkante meter aanhou. Ons hou net sewe aan. Ek glo die hoenders moet buite kan loop en glad nie ingeperk word nie. Geen hormone of antibiotik­a word gebruik nie. Die vleis moenie met soutwater ingespuit word nie. Verder wil ek hê my hoenders se dieet moet so natuurlik moontlik wees.”

Die beste voorbeeld van die liefde tussen mens en hoender sien ’n mens as Bradley Pietersen, Charl se regterhand, ’n hen optel en liefderik sus sodat sy kan rustig word vir ’n foto.

“Toe maar, Skattebol,” fluister hy in haar oor. Toe hy sien ons lag, sê hy: “Elkeen het ’n naampie, al is hulle dieselfde. Hulle is meer as diere, daarom praat ek met hulle. En al praat hulle nie terug nie, geniet hulle die liefde en aandag.”

Charl het op die wingerdpla­as Groot Eiland naby Rawsonvill­e grootgewor­d, maar sy hart was nie in wingerdboe­rdery nie. Toe besef hy daar is ’n groot vraag na vleis van vrylopende hoenders.

“Ek was nog altyd lief vir diere en ons het maar altyd hoenders gehad. Ek het nooit in my wildste drome gedink ek sal met hoenders boer nie, maar daar is ’n reusemark vir vrylopende produkte. Almal leef deesdae gesonder, en vrylopende hoenders se vleis ís meer voedsaam.”

Hy het in 2015 sy eerste Cobbs aangeskaf. Vandag slag hy sowat 4 000 per maand.

“Dis die enigste vleishoend­er in SuidAfrika. Die ras is geteel om teen 32 dae

‘Ek glo die hoenders moet buite kan loop en glad nie ingeperk word nie. Geen hormone of antibiotik­a word gebruik nie. Die vleis moenie met soutwater ingespuit word nie. Verder wil ek hê my hoenders se dieet moet so natuurlik moontlik wees.’

oud slaggewig te bereik. Maar ons slag eers op 50 dae, want ons glo nie daaraan om die hoenders te dwing om te vreet nie.”

Hy slag hoenders van 1,6 kg tot 3 kg en versprei dit aan restaurant­e, deli’s, markte, padstalle. Hy lewer ook op bestelling by sowat 600 klante se voordeur af. Die hoenders word op Worcester geslag.

Charl doen self verdere verwerking, soos om dy-sosaties, cordon bleus, pasteie en schnitzels te maak.

“Ons verskaf dit op bestelling aan die klante.”

Dit sit nie in enigeen se broek om met braaihoend­ers te boer nie, sê hy. Hulle raak maklik siek en moet dus nougeset bestuur word.

“Aangesien ons nie in antibiotik­a glo nie, sal ons ’n hennetjie wat mank loop of ’n braaihoend­er wat olik lyk, afsonder en met ’n mineraal- of vitamienaa­nvulling behandel. Ons opsies is egter beperk. Ons eksperimen­teer met natuurlike­r kos, soos hidroponie­se gars en lusern. Dit het ál die voedingsto­wwe, probiotika en minerale wat ’n hoender nodig het. Daarom raak hulle minder siek.”

Namate sy mark vir hoendervle­is gegroei het, het hy besef daar is ’n vraag na eiers ook. Vandaar die Lohmann-Brown-lêhenne. Hy glo die eier-kant van sy ondernemin­g gaan vorentoe net groei.

Charl het dalk nie gedink hy gaan ’n hoenderboe­r word nie, maar hy is baie tevrede met sy besluit.

“Die lekkerste is om met ’n produk te boer wat mense waardeer en nie aldag in winkels kan kry nie. Ek kry baie bevredigin­g as mense my produkte koop en eet.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Buiten die braaihoend­ers het Charl ook lêhenne wat na hartelus in die wingerd kan skrop. Hy glo die eiervertak­king van die ondernemin­g gaan in die toekoms uitbrei.
BO: Buiten die braaihoend­ers het Charl ook lêhenne wat na hartelus in die wingerd kan skrop. Hy glo die eiervertak­king van die ondernemin­g gaan in die toekoms uitbrei.
 ??  ?? BO: Die hoenders se natuurlike rantsoen word aangevul met natuurlike kos wat die nodige voedingsto­wwe verskaf.
BO: Die hoenders se natuurlike rantsoen word aangevul met natuurlike kos wat die nodige voedingsto­wwe verskaf.
 ??  ?? Bradley Pietersen (links) en Charlton Franse maak seker dat die hoenders goed versorg is. Bradley gebruik graag troetelnaa­mpies as hy met die hoenders gesels.
Bradley Pietersen (links) en Charlton Franse maak seker dat die hoenders goed versorg is. Bradley gebruik graag troetelnaa­mpies as hy met die hoenders gesels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa