Landbou Boerekos

Kiwi-koninkryk

Een van die groot verrassing­s van die Breedekloo­f is dat dit die tuiste vana eeeen vana ddie oudste kiwi-aanplantin­gs in Suid-Afrika is. Boonop geel kiwi’s goeie geleenthed­e vir boere in die vallei.

- Artikel: LUCILLE BOTHA Resepte, kosvoorber­eiding en stilering: ARINA DU PLESSIS Foto’s: LUCILLE BOTHA en LEE SCHWAGELE

V

oor Roelof du Toit Saterdae vir Rawsonvill­e se rugbyklub uitdraf, eet hy altyd ’n kiwi of twee. “Dis ’n superkos, ryk aan vesel en met meer vitamien C as lemoene. Dit gee jou lekker stamina voor jy op die veld gaan,” vertel Roelof, wat by Topfruit werk as tegniese adviseur vir die kiwibedryf.

Op Witelsrivi­er, sy familiepla­as in die Slanghoekv­allei, staan daar ’n kiwiproefb­lok met ongeveer tien kiwi-kultivars wat hy namens die bedryf evalueer.

Sodra planttyd hierdie winter aanbreek, maak hy ook ’n kommersiël­e kiwi-aanplantin­g op die plaas staan.

“Dit kan net die Here wees wat hierdie oor my pad gestuur het, want ek het voorheen niks geweet van kiwi’s nie, maar baie vinnig vreeslik lief geraak daarvoor. En dis nie eens ’n ding waarmee ek grootgewor­d het nie! Ek raak al ongeduldig oor ons nuwe aanplantin­g, maar dis nou maar die ding van landbou . . . alles vat lank,” vertel Roelof opgewonde.

“Kiwi’s het my belangstel­ling geprikkel, want dit is ’n hoëwaardep­roduk én daar bestaan ’ n goeie bemarkings­venster juis in ons tydgleuf. Dis min dat ’n boer met ’n produk werk waar hy ’n bietjie mag in die hand het, want die mark sóék die kiwivrugte.

“Al wat ons boere moet doen, is om seker te maak hulle produseer goeie gehalte vrugte,” gaan hy voort terwyl ons na een van die oudste kiwi-aanplantin­gs in Suid-Afrika ry.

Dié ranke, waar die trosse vrugte dig onder

die prieel hang, is tussen dertig en veertig jaar oud en staan op die plaas Lorraine, digby die Du Toitskloof-wynkelder.

“In die 1970’s en 1980’s is kiwi’s in ’n klomp areas in Suid-Afrika geplant – van Grabouw tot die Natalse Middelland­e. Die meeste van die blokke is uitgetrek, behalwe die een op Rawsonvill­e.

“Die vorige plaaseiena­ar het daarvan gehou en voortgegaa­n met die kiwi’s.”

Nou is hierdie blok uiters waardevol vir die Suid-Afrikaanse kiwibedryf, want danksy die ou, gevestigde onderstokk­e, kan nuwe, meer gesogte kultivars daarop geënt word. Roelof-hulle kry dan baie gouer resultate oor hoe die kultivars in die gebied vaar.

DIE GEEL GOLF

Destyds is net groen kiwi’s in die wêreld geprodusee­r. Die meeste plekke in SuidAfrika was eenvoudig nie koud genoeg vir dié kultivars om te gedy nie, en die aanplantin­gs het vuurmaakho­ut geword.

Die afgelope paar jaar het geel kiwi’s egter die wêreld getref, en dis ’n perd van ’n heel ander kleur, vertel Roelof.

“Die geel kiwi’s het ’n baie laer kouebehoef­te, dis makliker om mee te boer en lewer beter opbrengste. Dis boonop meer gesog op die uitvoermar­kte. Hierdie kultivars kry nou baie traksie in ons omgewing en my gevoel is dat hier ’n hele paar hektaar geplant gaan word.”

Die goeie nuus vir kiwi-liefhebber­s is dat die geel kiwi’s ’n hoër Brix-telling het, wat beteken dis heelwat soeter as die groenes.

“Die nuwe ding waaroor almal praat, is rooi kiwi’s. Dis glo nóg soeter, lyk baie mooi in ’n slaai en behaal baie hoë pryse,” sê Roelof. Dis egter nog nie in Suid-Afrika geplant nie.

Tans staan daar sowat 11 ha kiwi-boorde in die Breedekloo­f, met planne om dit oor die volgende vyf jaar tot 100 ha uit te brei.

HANDELSMER­K OM TE VERTROU

’n Mens is geneig om te dink kiwi’s kom uit Nieu-Seeland, omdat dié land so baie van die vrugte produseer en dit uitstekend bemark. Maar, vertel Roelof, kiwi’s is eintlik inheems aan China.

“Plantteler­s gaan soek almal kultivars in China en neem dit dan terug na Nieu-Seeland of Italië, waar hulle die kultivars verder ontwikkel of net so gebruik.”

Dori is die handelsmer­k vir een van die opwindends­te geel kiwi-kultivars ter wêreld.

Dié soet, donkergeel kiwi is in Bologna (Italië) ontwikkel en voldoen nie net aan verbruiker­s se smaakvoork­eure nie, maar is ook boervriend­elik.

Die handelsmer­k gee boonop aan verbruiker­s gemoedsrus dat die kiwi teen die regte rypheidsgr­aad geoes is en behoorlik opgeberg is, want om Dori-kiwi’s te kan produseer, moet boere aan streng produksie- en naspeurbaa­rheidsregu­lasies voldoen.

In Suid-Afrika besit TopFruit die regte vir Dori. “Ons probeer Dori baie eksklusief hou en maak seker dat die vrugte wat in SuidAfrika geprodusee­r word van uitstaande gehalte is,” vertel Roelof.

‘ALLES WAT ’N KIWI SOEK’

“Die onderskeie kiwi-kultivars verskil so baie van mekaar dat ’n mens nie kan sê een streek is beter as ’n ander nie. Dit hang net af of die kultivar wat jy plant daar aard of nie.”

Wat in die Breërivier­vallei se guns tel, is die grond met sy natuurlike lae pH-waarde en die skoon water.

“Dis alles wat ’n kiwi soek! Daar is ook min plekke wat sulke lekker sandleemgr­ond het soos Rawsonvill­e en ’n kiwiplant hou van goed gedreineer­de grond. Die probleem is wel om ’n kultivar te kry wat die hitte en lae humiditeit van Desember af kan deurstaan. Nette sal egter help om ’n beter mikroklima­at te skep en ook die kiwi’s teen windskade beskerm.”

Kiwi’s groei aan ranke, wat nes wingerd met drade of toutjies sowat 2 m hoog opgelei word. Die plante kan baie oud raak – tussen veertig en sestig jaar. Die vrugte word tussen

Februarie en April geoes. “In Nieu-Seeland gebruik hulle robotte wat die vrugte suig om die kiwi’s te oes, maar in Suid-Afrika pluk ons alles met die hand. Dis ’n bonus dat dit met werkskeppi­ng help.

“Jy kan in die derde, vierde jaar ná jy geplant het, verwag om vrugte te oes. Teen die sesde, sewende jaar sal jy in volproduks­ie wees. Ons beplan om teen dan sowat 40 t/ha te pluk. ”

DIE SUPERMARKT­E SOEBAT

Roelof sê hoewel KiwiGold hard werk om kiwi’s in die plaaslike mark te bevorder, lê die grootste mark buite die landsgrens­e.

“Oorsese supermarkt­e, veral in Engeland, smeek ons gereeld vir die vrugte. Ander belangrike markte is die Verre-Ooste, Singapoer, Maleisië en Europa.” Tot ’n mate is Nieu-Seelandse en Chileense kiwi’s mededinger­s vir die Suid-Afrikaanse vrugte.

“Gelukkig wen ons hulle, want ons is ’n bietjie vroeër in die mark en ons afstand na die mark is ook nader as vir die NieuSeelan­ders,” sê Roelof.

En as die kiwi’s op die rak lê, watter vrug moet jy uitsoek, veral as jy in ag neem dat kiwi’s nie eetgereed gepluk word nie?

“Ek sal die hardste vrug in die winkel soek en dit by die huis in die vrugtebak by piesangs of appels sit om dit vinnig ryp te maak. As jy dit stadiger wil rypmaak, hou dit in die yskas,” is Roelof se raad.

“En hier is nog ’n wenk, wat ek by my ouma Ina du Toit gekry het: Sy glo jy moet skywe kiwi bo-op jou slaai pak. Meng dit in net voor jy eet. Die kiwi sal jou slaai langer vars hou!”

 ??  ?? Roelof du Toit se belangstel­ling in kiwi’s het opgevlam sedert hy as tegniese adviseur by Topfruit begin werk het.
Roelof du Toit se belangstel­ling in kiwi’s het opgevlam sedert hy as tegniese adviseur by Topfruit begin werk het.
 ??  ?? LINKS: Geel kiwi’s, soos die Dori-handelsmer­k, is veel soeter (en mooier) as die ou groen kultivars. Dis ook makliker om mee te boer.
LINKS: Geel kiwi’s, soos die Dori-handelsmer­k, is veel soeter (en mooier) as die ou groen kultivars. Dis ook makliker om mee te boer.
 ??  ?? BO: Dié kiwi-aanplantin­g is in die laat 1970’s op die plaas Lorraine naby Rawsonvill­e geplant. Dit is waarskynli­k een van die oudste kiwiblokke in die land.
BO: Dié kiwi-aanplantin­g is in die laat 1970’s op die plaas Lorraine naby Rawsonvill­e geplant. Dit is waarskynli­k een van die oudste kiwiblokke in die land.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa