Waar wild en wingerd ontmoet
As jy aan die Boland dink, is wildsvleis nie die eerste gedagte wat by jou opkom nie. Tog vaar sekere spesies baie goed op plase hier. ’n Ou plaasslaghuis in die Breedekloof is onlangs omskep in ’n volwaardige wildslaghuis waar watertand-produkte opgedis
Wildsvleis is meer as net winterkos, meen die span van Breede Meat Co. Veral wildsosaties en wildswors is heerlik oor die kole — enige tyd van die jaar. Wildskaaswors het bykans oornag hul gewildste produk geraak. Wanneer dit by sosaties kom, lyk dit nie net mooi as jy blokkies wildsvleis op roosmarynstokkies ryg nie, dit verleen ook ’n heerlike geur aan die sosaties.
Ja, dis seker vreemd om ’n kameelperd te sien en aan die ander kant van die draad lê ’n wingerd, sê Jacobus Griessel laggend. Maar dis presies wat jy op sy plaas, Wysersdrif, teëkom.
Die Griessels is tradisioneel wynboere, maar sowat vyf jaar gelede het Jacobus en sy broer, Marthinus, ook hul hand aan die wildbedryf gewaag en Wysersdrif Game Breeders begin. Kampe is op sowat 130 ha onbenutte vleilande opgerig, en hier loop nou buffels, elande, rooihartebeeste, bontebokke, springbokke, goue wildebeeste, goue gemsbokke en swartwitpense. En, les bes, ook twee kameelperde.
Veilingspryse in die wildbedryf het egter skerp gedaal, en Jacobus het besef hy moet sy visier eerder op verbruikers as telers rig.
“Jy verdubbel ’n bok se waarde as jy hom kan verwerk.”
Die ou plaasslaghuis, waar hy en sy pa, wyle Theo, graag vleis gewerk het, is in ’n wildslaghuis, Breede Meat Co., omskep. Dáár word aptytwekkende wildsvleisprodukte ontwikkel.
Die man aan die stuur van sake is Louis
LINKS: Marthinus, Marétha en Jacobus Griessel saam met Louis van Wyk (regs) op Wysersdrif, waar hulle onlangs ’n wildslaghuis op die been gebring het.
vanWyk, wat op ’n skaapplaas naby Calvinia grootgeword het en nog al die jare in vleis belang gestel het.
“Verbruikers dink wildsvleis is seisoensgebonde, maar ons kry dit reg om heeljaar wildsvleis aan die mark te voorsien. Somertyd is ons patties, sosaties en wildskaaswors gewild, en in die winter is daar heerlike brediesnitte.”
Weens ’n tekort aan wildabattoirs in die Wes-Kaap kan hulle nie hul eie wildsvleis kommersieel benut nie, maar koop uitvoergehalte primêre snitte van Limpopo af in. Dit word dan verder by Breede Meat Co. verwerk en versprei na padstalle, restaurante en deli’s tot so ver as Stellenbosch, Franschhoek en Kaapstad.
Hulle verwerk ook jagters se bokke. Omdat hulle wildsvleis wil voorsien aan mense wat nie noodwendig gewoond is daar
aan nie, maak hulle seker dat hulle reg deur die jaar produkte van goeie gehalte lewer.
“Die huisvrou weet nie aldag hoe om met wildsvleis te werk nie, en dan raak dit maklik droog. Ons probeer produkte ontwikkel wat maklik en gerieflik is om voor te berei. ’n Ou wat nie wild ken nie, eet makliker ’n pattie of ’n wildskaasworsie as ’n vleissnit.”
Hul wildskaasworsies was byna oornag ’n treffer. Selfs mense wat huiwerig is om wildsvleis te eet, sit dadelik ’n bestelling in as hulle eers die wildspatties geproe het.
Louis maak seker hulle verkoop eiesoortige, interessante produkte.
“Ons probeer uniek wees. Het jy al wildskaaswors gesien? Jacobus het eintlik daarmee begin, toe verfyn ons dit. Nou loop hy... Dis ons beste verkoper.”
Louis het nog altyd gehou daarvan om met vleis “te speel”.
“Nou voel dit nie soos werk nie. Dis lekker om soggens op te staan en te hou van wat jy doen.”
Hy kies koedoe – vir die fyn tekstuur – bo ander wildsoorte, maar voeg ook vinnig by dat ’n mens regtig goed moet wees om die verskillende A-graad wildsoorte van mekaar te onderskei wat smaak betref.
Vleiswerk is ook ’n gunstelingtydverdryf in die Griessel-familie.
“My pa het dáái jare, toe ek in matriek was, al Shoprite Checkers se boereworskompetisie in die Worcester-streek gewen. Ek en hy het baie in die slaghuis gewerk en sommer ’n klomp vleis gekoop om wors te maak. Dit kom dus maar van my roots af,” sê Jacobus.
Die geheim, sê Jacobus en Louis, is om jou wild van die jagveld af reg te hanteer.
“As vleis reg behandel is, het jy geen ‘wilde’ smaak nie.”
Hulle beklemtoon ook dat jy tog nie wildsvleis té gaar moet maak nie, want dan word dit maklik droog.
“As jy patties braai, doen dit sommer so bevrore. Dit is sappiger en sit nie aan die rooster vas nie,” is Jacobus se raad.
Wild is natuurlik ’n aantreklike opsie vir mense wat gesonder keuses wil maak.
“Ek wil nie op skaap- en beesmense se tone trap nie, maar wild is eintlik die enigste vleis wat natuurlik organies is. Boonop is dit hormoonvry en baie gesond.”
vleis aan ál die kante. Laat effens afkoel. Draai die vleis styf in kleefplastiek toe sodat dit ’n silinder vorm. Verkoel dit vir minstens 30 minute in die yskas.
Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene en tiemie saam tot ál die vloeistof van die sampioene uitgebraai het.
Verwyder die vleis uit die kleefplastiek en draai die spekrepies daarom. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Smeer die sampioenmengsel op die deeg, plaas die vleis in die middel van die deeg en vou die vleis met die deeg toe. Seël die kante van die deeg en plaas dit versigtig op die voorbereide bakplaat. Verf die deeg liggies met die eiergeelmengsel en bak 30-35 minute in die oond of tot die deeg goudbruin en gaar is.
Laat die gereg 10 minute rus en sny in porsies. Lewer 4-6 porsies.