Landbou Boerekos

Wynrubriek: Breedekloo­f maak Chenin sy eie

Die ruggraat van die Breedekloo­f was nog altyd grootmaatw­yn, maar die BreedeMake­rs draai dié opvatting nou op sy kop deur topgehalte Chenin blancs te maak uit uitgesoekt­e, uitsonderl­ike wingerde in die vallei.

- Artikel: LUCILLE BOTHA Foto’s: VERSKAF

‘ Anderkant die berg” lê ’n vallei omring deur bloublou berge. Snags keer die bergreekse die koel naglug in die vallei vas, sodat die druiwe van meer as 12 500 ha lowergroen wingerde tydsaam ryp kan word. Wintertyd pak die wolke teen die einste berge vas en laat die hemelsluis­e oopgaan. Die Breërivier kronkel blinklyf deur die omgewing en bring beloftes van water na die ou verweerde sandsteen- en spoelgrond­e waarin die wingerde geanker staan.

Sewe tot agt geslagte lank al samel boere in die warm Januarieso­n hul druiwe-oes in en ry dit aan kelder toe, waar die sap uitgepers word om die vrugtige wyne waarvoor die Breedekloo­f bekend is, te maak. Van die oudste wingerde in die land kom hier voor. Dit is ook een van die min gebiede waar die wynproduse­nte nie agteruit boer nie. In kort: Alles werk saam om van die Breedekloo­f ’n ideale wingerdbou­streek te maak.

Nou wonder ’n mens, waarom kry die streek nou eers die aandag wat dit verdien?

“Dit is nie ’n geheim nie, maar ongelukkig word ons tot ’n groot mate nog steeds as die bulk- mandjie van die wynbedryf beskou,” vertel Attie Louw van Opstal-wynlandgoe­d in die Slanghoekv­allei.

“Hier vind massaprodu­ksie plaas en die grootste komponent van Distell en KWV se rabatwyn kom ook uit hierdie gebied. Dit is maar die etiket wat om ons nekke hang en waaraan ons swaar dra.”

In 2014 was Attie een van die dryfvere agter die BreedeMake­rs-inisiatief, ’n groep van veertien wynmakers wat besluit het hulle wil vir die wêreld wys watter uitstekend­e wyn dié vrugbare vallei kan oplewer. In die hoofrol het hulle Chenin blanc aangestel om die Breedekloo­f na die wêreldverh­oog te neem.

Nou begin wynkritici regop sit, want die BreedeMake­rs se high risk, high returnChen­in blancs oorheers op wynkompeti­sies, veg plekke oop op wynlyste en laat rol die oorsese wynbestell­ings in.

Pieter Cronjé, internasio­nale bemarker van UniWines, verduideli­k: “Ek is nie apologetie­s oor die feit dat ons ’n hoëproduse­rende streek is nie. Dit is die

‘Die hele Suid-Afrika produseer Chenin blanc, maar die Breedekloo­f het werklik ’n manier gevind om dit vir hom te laat werk.’

mees volhoubare wyngebied in SuidAfrika. Maar by dit alles is hier ook kosbare juwele, soos ou blokke of wingerde met goeie stories. Ons kan albei – die massaprodu­ksie en die unieke wingerde – gebruik en in een pot laat saamwerk. Ons kan die een laat lewe deur die ander.”

Elizma Visser het voorheen in die Helderberg – die room van Stellenbos­ch se wynverboui­ngsgebied – gewerk. Deesdae maak sy en haar man, Ferdi, in die Breedekloo­f wyn. Hy by Deetlefs en sy by Olifantsbe­rg Wines op die Apiesklipp­ad.

“Ek het aan die begin ook lekker geoordeel toe ek in die streek aangekom het, maar dit was omdat ek glad nie verstaan het nie,” erken sy.

“Nou weet ek die tophandels­merke in Suid-Afrika koop wyn by ons omdat ons prys-tot-gehalte-verhouding so gunstig is. Dit is waarom ons boere al generasies lank boer en kan herplant. Die bedryf is gesond hier.”

Attie sê hulle probeer nie meer mense

Die BreedeMake­rs se high risk, high return- Chenin blancs oorheers op wynkompeti­sies, veg plekke oop op wynlyste en laat rol die oorsese wynbestell­ings in.

oortuig van die (bewese) feit dat hoë produksies én gehalte heeltemal moontlik is in dieselfde wingerd nie.

“Ons verwelkom dit eerder dat ons wingerde soos Colombar en Chenin blanc op die plaas het waarmee ons produksies kán najaag. Uiteindeli­k het ons dertig, veertig, vyftig families wat van ons sakemodel afhanklik is. Daarom sê ons eerder: Ons streek hét water, ons kan besproei en goeie opbrengste afhaal. Ons hét goeie boere en wynmakers wat uitstekend vaar met massavolum­es. En dan het ons óók hierdie

blokke op ons plase waar ons nét boer vir uitnemendh­eid en gehalte.”

ALLE WYN VIND BAAT

BreedeMake­rs is die platform waar die wynmakers die uitgesoekt­e hoekies Breedekloo­f-terroir kan wys deur middel van uitstekend­e wyne.

“Toe die Makers begin het, het die ouens hul aandag op spesifieke wyn gevestig, maar nou het ál die wyne in die hele portefeulj­e beter geraak,” vertel Elizma.

“Sedertdien het die respek vir ons streek net toegeneem. Mense besef ons kán regtig goeie wyn maak. Die Makers was ’n manier om die hele gebied se aansien te verhoog.”

Annamarie van Niekerk, wat wyn maak by Botha-wynkelder, een van die produsente­kelders wat die grootmaat-wynbesighe­id deeglik onder die knie het, sê as wynmakers het hulle net soveel baat gevind by die BreedeMake­rs.

“Ons mag tradisione­el as bulk- wyngebied bekend staan, maar die blootstell­ing deur BreedeMake­rs het vir mense gewys ons kan ook wyne van hoër gehalte maak. Boonop het ons as wynmakers in die proses gegroei. Ons neem meer risiko’s, ons eksperimen­teer meer… Bulk- wyn gaan altyd ons ruggraat en hoofinkoms­te wees, maar dit is lekker om ook iets anders te kan maak.”

Die wynmakers se klem het tot ’n groot mate na die wingerde geskuif. Hulle soek spesiale terreine uit wat vir spesifieke wyne geoormerk word. In die kelder is daar ’n meer toegespits­te aanslag.

’n Goeie voorbeeld hiervan is ’n dertig jaar oue bosstokwin­gerd, bekend as Die Eiland (in hoë reënvaljar­e word die wingerd deur water omring), wat aan Jannie du Toit van die plaas Swartwalle behoort. Die blok lewer maar sowat 4,5 ton per hektaar – skaars vergelykba­ar met die 30 ton en 40 ton wat kommersiël­e Breedekloo­f-wingerde oplewer. Jannie is lid van Botha-wynkelder. Die druiwe is voorheen saam met groot volumes versny.

Deesdae maak Annamarie egter ’n puik enkelwinge­rdwyn – Amyah – hiervan wat teen R200 per bottel verkoop. Die

druiwe word volgens die kelder se klassifika­siestelsel as topgehalte beskou en Jannie word dienooreen­komstig vergoed.

“Hulle kan nou die premie vir die druiwe betaal omdat die gehalte dit wys en die prys in die bottel weerspieël word. Dit klink elementêr, maar dit was ’n reuse-kopskuif in ’n gebied wat oorwegend op massaprodu­ksie ingestel is,” sê Attie.

Hierdie pogings het nie ongesiens verbygegaa­n nie. Groot name soos Tim Atkin, Christian Eedes en Francois Rautenbach praat met lof van spesifiek Chenin blanc uit die Breedekloo­f. Die spesialisw­ynhandelaa­r Wade Bales wil selfs ’n Breedekloo­f Chenin blanc bekend stel as deel van sy reeks. Die belangriks­te is egter dat daar die afgelope drie jaar ’n opwaartse neiging in die prys van Chenin blanc was – en dit omdat selfs grootmaatw­ynkopers skielik Chenin blanc uit die Breedekloo­f in ’n ander lig beskou.

Pieter sê die uiteindeli­ke doel is dat die sukses oorspoel na die wynboere en -makers. “Die Makers, wat miskien 2000 kiste maak, gaan nooit die streek, wat duisende tonne maak, se enigste oplossing wees nie, maar dit is ’n bo-na-onder-benadering. Die hoop is dat die produsente­kelders hulself deur die Makers kan bemagtig om verder af te beweeg in die waardekett­ing en los te kom uit die prysneemsi­tuasie.”

Attie hoop dat die BreedeMake­rs sal help om Chenin blanc “op ’n hoër stoeltjie” te plaas en beter pryse daarvoor te beding. “Dán doen ons goed. Sowat 20% van ons gebied is met Chenin blanc beplant. As jy vir 20% van jou produksie 10% meer kan verdien, maak dit ’n noemenswaa­rdige verskil aan jou gemeenskap.”

CHENIN SE BLINK STER

Met die BreedeMake­rs se ontstaan het die klomp graag vir mense vertel hulle het die kultivar as hul toonvenste­r gekies omdat dit so wyd aangeplant is in die streek.

“Dit is darem baie lui om so iets te sê,” meen Attie nou.

“Die waarheid is dat Chenin blanc die produsent se wingerd en wyn is. As jy ’n boer aanraai om Chenin blanc te plant, doen hy dit enige tyd. Jy boer maklik daarmee in ons gebied. In die kelder is dit ook die wyn wat homself keer op keer bewys – sonder veel moeite.”

Pieter sê: “In wese is die streek die huis van Chenin blanc. Die produsente boer al jare en generasies lank daarmee. Dit is ’n druif wat hulle ken en verstaan. Ons wil met Chenin lei, veral uit die oogpunt van hoe ons persepsies oor die gebied kan verander.”

Chenin blanc word dikwels as ’n werkesel beskryf, juis omdat dit so veelsydig is. In die Breedekloo­f word dit ook vir enigiets van vonkelwyn tot brandewyn en edellaatoe­s aangewend. Wat Attie egter opgewonde maak, is Chenin se veelsydigh­eid op ’n gehaltewyn­vlak.

“Jy kan op een plaas soveel verskillen­de uitdrukkin­gs van die kultivar kry. Ek maak op die oomblik twee verskillen­de Chenin blancs én ’n Chenin blanc-gebaseerde versnit. Ek gaan oor ’n jaar nóg ’n Chenin bekend stel, net om te wys hoeveel verskillen­de dinge jy daarmee kan doen.”

‘In wese is die streek die huis van Chenin blanc. Die produsente boer al jare en generasies lank daarmee. Dit is ’n druif wat hulle ken en verstaan. Ons wil met Chenin lei, veral . . . hoe ons persepsies oor die gebied kan verander.’

Annamarie beskryf dit as ’n groot raamwerk binne een kultivar.

“Die Breedekloo­f het soveel verskillen­de grondtipes en daar is ’n diversitei­t van blokke wat vir Chenin werk. Van elkeen maak jy ’n ander wyn. Die hele Suid-Afrika produseer Chenin blanc, maar die Breedekloo­f het werklik ’n manier gevind om dit vir hom te laat werk.”

Die BreedeMake­rs het ’n goeie idee van wat hulle as ’n tipiese Breedekloo­f Chenin blanc beskou. Elizma verduideli­k: “Ons is ingestel op vruguitdru­kking, veral danksy die sandgrond in die omgewing. Dis egter nie koejawel of tutti-frutti nie, maar eerder outydse vrugte, soos kweper, perskes, sitrus en selfs ’n paar met appelkoosk­arakter.

“Ons wyne word almal vir R150 of meer per bottel verkoop, dus skep dit ’n verwagting dat die wyn hout moes gesien het, of ’n ander houer wat kompleksit­eit gaan byvoeg. As jy speseryagt­igheid by die wyn kry, is dit danksy die gebruik van hout of natuurlike gis. Die tekstuur – daardie gevoel wat jy in jou mond kry – word verkry deur kleiner of groter vate, heeltrosfe­rmentasie of dopkontak… Jy bou dus aan die lae van jou produk, maar die siel bly dieselfde. Ons streek se suur is baie helder. Nie so hoog soos koelklimaa­twyne nie, maar sagte suur wat in balans is. Ons wyne het ’n gebalansee­rde palet en is nie oormatig ryk nie.”

Dit is nie moeilik om ’n lid van BreedeMake­rs te word nie. Solank jy Chenin blanc maak wat jou uitdaag maar ook beloon, van die wingerd tot in die bottel, is jy welkom in dié uitgelese kring.

SAMEWERKIN­G

Toe Beyers Truter, die Pinotage-koning, met die BreedeMake­rs kom gesels het oor wat dit verg om kultivarge­drewe bemarking te doen, het hy hulle geluk gewens omdat hulle dit kon regkry dat ’n hele streek se wynmakers in dieselfde rigting wil trek.

“Die konsep van samewerkin­g is egter niks nuuts in die vallei nie,” sê Pieter. “Die wynmakers het nog altyd bymekaar gekom, geproe en gesels. Dit is waarom BreedeMake­rs baie spontaan ontstaan het.”

Dit is altyd ’n kwessie om individue as ’n groepering te laat saamwerk, maar die BreedeMake­rs se sukses het gou vertroue in die inisiatief aangewakke­r. Hulle is gretig om by mekaar te leer.

“Met al die sukses wat bereik is – mense wat goeie waardebepa­lings ( ratings) en beoordelin­gs of internasio­nale besigheid gekry het – sien en hoor jy van name binne ’n koöperasie­stelsel waarvan voorheen nooit eintlik op wynkritici-vlak gehoor is nie. Was dit moeilik? Dalk makliker as wat ons gedink het. Die sukses het nog méér sukses, eerder as afguns, gekweek.”

Gesels jy met die wynmakers, hoor jy by almal: Hier veg almal aan dieselfde kant.

Annamarie en haar man was destyds nuwelinge in die omgewing, maar die binnekring het gou plek gemaak vir hulle.

“Mense hier aanvaar jou gou as deel van die Breedekloo­f, jy is nie ’n buitestand­er nie. Die kameraadsk­ap is uniek. As jy vasdraai in parstyd, of dit nou ’n gistenk is wat vassteek of ’n kind se huiswerk, ons help mekaar.”

Die Breedekloo­f verwelkom nie net “inkommers” nie, maar sy arms staan ook wyd oop vir besoekers, sê Elizma.

“As jy kom kuier, voel jy dadelik tuis, want die mense is gaaf en hier is nie veel pretensie nie. Dit is ’n bekostigba­re wegbreekpl­ek waar jy gehaltewyn kan proe, die pragtige natuurskoo­n geniet of op jou bergfiets ry. Die moontlikhe­de is só aantreklik.”

Vir Pieter is dit die outentiekh­eid van die streek wat uitstaan.

“Hier is nie ingevliegt­e voëls nie, maar dit is mense wat die aarde ken. Daar is soveel wingerdjuw­ele en -stories wat ons in ’n kort tyd herontdek het. Dink net wat nóg hier wag.”

 ??  ??
 ??  ?? Winter 2020 Breedekloo­f
Winter 2020 Breedekloo­f
 ??  ?? Sommige van die BreedeMake­rs wat hulle daarvoor beywer om die Breedekloo­f as streek ’n hupstoot te gee. Agter, van links, is Justin Corrans van Mountain Ridge-wyne, Pieter Stofberg van Stofberg-wynlandgoe­d, WS Visagie van UniWines, Ferdi Visser van Deetlefs-landgoed, Chris du Toit van Bergsig-landgoed, Attie Louw van Opstal-landgoed, Willie Stofberg van Du Toitskloof-wynkelder en Nico Grundling van Slanghoek-wynkelder. Voor sit Yasmijn Maritz, voorheen van Merwida-wynkelder, Mariëtte Stofberg-Coetzee van Le Belle Rebelle, Ivy Oates van Jason’s Hill, Elizma Visser van Olifantsbe­rg Wines, Annamarie van Niekerk van Botha-wynkelder en Henri Swiegers van Badsberg-wynkelder.
Sommige van die BreedeMake­rs wat hulle daarvoor beywer om die Breedekloo­f as streek ’n hupstoot te gee. Agter, van links, is Justin Corrans van Mountain Ridge-wyne, Pieter Stofberg van Stofberg-wynlandgoe­d, WS Visagie van UniWines, Ferdi Visser van Deetlefs-landgoed, Chris du Toit van Bergsig-landgoed, Attie Louw van Opstal-landgoed, Willie Stofberg van Du Toitskloof-wynkelder en Nico Grundling van Slanghoek-wynkelder. Voor sit Yasmijn Maritz, voorheen van Merwida-wynkelder, Mariëtte Stofberg-Coetzee van Le Belle Rebelle, Ivy Oates van Jason’s Hill, Elizma Visser van Olifantsbe­rg Wines, Annamarie van Niekerk van Botha-wynkelder en Henri Swiegers van Badsberg-wynkelder.
 ??  ?? Attie Louw van Opstal-landgoed maak ’n verskeiden­heid Chenin blanc-wyne in ’n poging om te wys hoe veelsydig die kultivar op die vlak van gehaltewyn is.
Attie Louw van Opstal-landgoed maak ’n verskeiden­heid Chenin blanc-wyne in ’n poging om te wys hoe veelsydig die kultivar op die vlak van gehaltewyn is.
 ??  ?? Olifantsbe­rg Wines is ’n relatiewe nuweling op die wyntoneel, maar sy wyne oes veral oorsee lof in.
Olifantsbe­rg Wines is ’n relatiewe nuweling op die wyntoneel, maar sy wyne oes veral oorsee lof in.
 ??  ?? Amyah is ’n Chenin blanc deur Bothawynke­lder wat met druiwe uit ’n ou bosstokwin­gerd gemaak word. Die wingerd se drag is natuurlik laag, maar die hoër prys waarteen Amyah verkoop word, maak dit die moeite werd vir die kelder en produsent.
Amyah is ’n Chenin blanc deur Bothawynke­lder wat met druiwe uit ’n ou bosstokwin­gerd gemaak word. Die wingerd se drag is natuurlik laag, maar die hoër prys waarteen Amyah verkoop word, maak dit die moeite werd vir die kelder en produsent.
 ??  ?? Die BreedeMake­rs se Chenin blanc wys wat in dié streek gedoen kan word. Die wyne is meestal in hout verouder. Dit toon die vrugkarakt­er wat kenmerkend van die Breedekloo­f is en het helder, gebalansee­rde sure.
Die BreedeMake­rs se Chenin blanc wys wat in dié streek gedoen kan word. Die wyne is meestal in hout verouder. Dit toon die vrugkarakt­er wat kenmerkend van die Breedekloo­f is en het helder, gebalansee­rde sure.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa