Landbou Boerekos

BÊREBOEK

-

Ek kan nie anders om vanoggend agter die rekenaar in te skuif en vir julle ’ n briefie te tik nie. Die nuwe spesiale uitgawe van Boerekos is ’n versamelst­uk wat op elke kosliefheb­ber en Landbouwee­kblad- leser se boekrak hoort.

Dit het my met heimwee laat terugdink aan Kersfeeset­es, Oujaarsbra­aivleis, teepartytj­ies met vriendinne, die kinders se verjaardag­partytjies en ander spesiale dae op die plaas. Al is ek nou afgetree, bly ek ’n boervrou in my hart. En as die kinders kom kuier, soek hulle Ma se boerekos! Dankie vir die pragtydskr­if. Ek tel dit kortkort op om deur te blaai. SUSAN VAN DER MERWE HERMANUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa